Landbouweekblad

Slaap verantwoor­delik

-

at is die slaap, ’n wondersoet­e ding . . .” het D.F. Malherbe gedig.

Natuurlik sal ’n mens moeilik kan verskil oor die bekoring van slaap, maar dis ook ’n noodsaakli­ke funksie om liggaams- en geestelike kragte te herstel. Slaap is ’n soort vulstasie waar jy brandstof ingooi om jou lewensreis suksesvol voort te sit.

Slaap mag nie ’n doel op sigself word wat jy misbruik om jou van noodsaakli­ke werk weg te hou nie. Ek het nog nooit gehoor dat iemand op sy CV sal byvoeg hy is ’n ywerige slaper nie!

Dis interessan­t wat die Bybel oor slaap te sê het. Aan die gunstige kant kan dit in ’n enkele sin saamgevat word: “Dit gun ons verseker ’n goeie slaap.” Koning Dawid vertel hoe hy in die moeilikste omstandigh­ede ’n goeie slaap geniet, want “die Here sorg vir my” (vgl. Ps. 3:6-7). Die geheim lê in hierdie laaste woorde. Gee jou lewe, met al sy probleme en uitdagings, aan die Here oor en geniet dan jou slaap.

Maar daar is ook die anderkant van die munt. Dit is wanneer jy van slaap ’n suurstof-dief maak. Jy steel tyd en laat geleenthed­e by jou verbygaan.

In die Bybelse gelykenis van die tien meisies wat uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet, val die klem op die vyf onverstand­ige meisies wat aan die slaap geraak het (vgl. Matt. 25: 1-13).

Inderdaad kan ’n mens jou toekoms verslaap – ook jou geestelike toekoms. Luister na die woorde waarmee die gelykenis afsluit: “Ontwaak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie” (vers 13). Daar is, volgens die wyse koning Salomo, ’n kousale verband tussen luiheid en slaap (vgl. Spr. 19:15).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa