Landbouweekblad

DIE DRIE-IN-EEN KLUB

By The Country Club in Johannesbu­rg is daar nie net twee topklas 18-putjie-bane nie, maar ook ’n pragtige syferdrieb­aan met nege putjies.

-

GHOLF

Dis eintlik jammer meer klubs het nie genoeg plek vir ’n ekstra negeputjie­baan nie. By The Country Club in Johannesbu­rg is die kleiner baan gewild as ’n opwarmings­ronde of wanneer daar aptyt is vir nóg ’n paar gate ná 18 putjies. Die negeputjie­baan, met putjies wat wissel in lengte van 70 m tot 120 m, is ook ideaal vir beginners of juniors.

Die klub se hoofbaan is die Woodmead-uitleg, waar die PGA-kampioensk­apsbyeenko­ms al aangebied is. Die baan beklee tans die 23ste plek op die Golf Digest se ranglys vir SuidAfrika­anse gholfbane. Die ander baan, Rocklands, beklee die 52ste plek. baie bome, lang putjies en baie water. Daar is ’n goeie verskeiden­heid putjies. Sommige is afdraand, party opdraand. Die heuwelagti­ge terrein bied ook ’n mooi uitsig oor die omgewing. Fred Hawtree het die oorspronkl­ike uitleg beplan, maar sedert die baan in 1970 geopen is, is dit gereeld deur Golf Data vernuwe. Die syfer drie-putjies se lengte wissel (van 160 m tot 180 m). Die sestiende putjie – 490 m – is die langste. Die kort vierde (171 m) is ’n moeilike syfer drie, terwyl die sewentiend­e, ’n syfervierp­utjie van 381 m wat al langs die meer lê, dalk die beste putjie is.

Vir die gewone speler is dit baie speelbaar, maar spelers wat lang houe slaan, het heelwat kanse om voëltjies aan te teken.

The Sandwedge, die tee-hut, word as een van die bestes in Suid-Afrika beskou. Onthou net, jy soek moeilikhei­d as jy nie jou pet afhaal voor jy daar instap nie!

Waar Woodmead boomryk is, is Rocklands in inheemse bosveld uitgelê. Daar is egter genoeg waterhinde­rnisse. Albei bane is ryk aan natuurlewe en hier kan jy werklik vir ’n rukkie aan die stad se gewoel ontsnap. Die beroepspel­er is Richard Fulford. 011 202 1600.

 ?? FOTO: ANTON BEZUIDENHO­UT ?? Die sewentiend­e putjie langs die Swan-meer.
FOTO: ANTON BEZUIDENHO­UT Die sewentiend­e putjie langs die Swan-meer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa