Landbouweekblad

INVOER KRY SENTIMENT OOR PAPRIKA NIE ONDER

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Hoewel paprikapry­se vanjaar effens laer is vergeleke met verlede seisoen, is die bedryf optimistie­s oor sy vooruitsig­te. Mnr. Wim Scholtz, ’n paprikaboe­r van Vryburg, sê die bedryf is uitgelewer aan invoer vanuit veral China weens sy seisoenale aard.

“Plaaslike boere oes almal vanaf middel Mei tot rondom einde Julie, met die oes wat dan van Augustus tot rondom einde September na kopers verskeep word. Daarna plant ons weer in Oktober. Dit skep ’n duidelike seisoenale beskikbaar­heid van plaaslike paprika wat kopers later in die seisoen dwing om ingevoerde paprika te koop, wat die prys beïnvloed.”

Scholtz meen egter dat plaaslike kopers eerder Suid-Afrikaanse paprika sal wil koop omdat die gehalte soveel beter is. “Ons het ’n baie lojale kopersmark vir paprika in Suid-Afrika wat die boere goed ondersteun. Hulle weet ook dat hulle die plaaslike mark moet beskerm,” sê hy.

Invoer vanuit China het vanjaar toegeneem met die land wat sterk daarin belangstel om sy produk hierheen uit te voer. Dit het tot ’n oormaat paprika in die mark gelei wat pryse afgedwing het.

“Verlede jaar het boere R26 tot R28 per kilogram vir droë, onverwerkt­e paprika ontvang, maar vanjaar lyk dit of die prys kan wissel vanaf R20 tot R23 per kilogram,” sê Scholtz.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa