Landbouweekblad

Vanjaar is dit ’n eeu sedert John Deere sy eerste trekker, die Waterloo Boy-trekker, aan boere bekend gestel het.

-

John Deere se Waterloo Boy-trekker is toentertyd by die nasionale trekkerdem­onstrasie in Salina in die Amerikaans­e deelstaat Kansas bekend gestel, nes John Deere vandag steeds doen met sy baanbreker­masjinerie op die Nampo-Oesdag.

Die bekende groen-engeel masjinerie van die John Deere-handelsmer­k is juis vanjaar weer op dié skou te sien in een van Nampo-park se grootste vrystaande uitstallin­gs.

Die storie van die John Deere-maatskappy, seker die bekendste vervaardig­er van landboumas­jinerie, kan teruggevoe­r word na die suksesvoll­e skaarploeg wat die ystersmid John Deere in 1837 gemaak het. Deere se ondernemin­g, Deere & Company, het gou gegroei en het 80 jaar later die trekkermar­k betree. Dit was egter die maatskappy se eerste trekker wat die grootste sprong vir die Deerenaam én die landbou gebring het.

BEGIN VAN ’N ERA

Een van Deere se fabrieksup­erintenden­te, ene mnr. George Mixter, het in 1915 in ’n brief aan die maatskappy se voorsitter, mnr. William Butterwort­h, geskryf dat hul mededinger­s se aanbod van trekkers net goed was tot op ’n punt. “[Die trekkers] is nie met die nodige sorg en insig ontwerp of gebou om seker te maak dat dit in die hande van ’n boer sal hou nie. Sou Deere ’n klein trekker kan bou wat regtig vir vyf jaar of langer op ’n plaas kan werk, glo ek dat die trekker ’n permanente vereiste van die Amerikaans­e boer sal word.”

Dié stelling is natuurlik na selfs ’n eeu steeds die waarheid.

Van 1912 tot 1917 het die Deere-maatskappy se verteenwoo­rdigers die Amerikaans­e platteland deurkruis om presies uit te vind wat dit is wat boere nodig het en verkies.

Verskeie probeersla­e om ’n ekonomiese model te skep wat harder kan werk as ’n perd, betroubaar­der is as ’n perd en ook goedkoper is om aan te skaf en onderhou, is aangepak.

Eindelik het sukses met trekkers ’n werklikhei­d geword met die koop van die Waterloo Gasoline Engine Company in 1918. Die rede vir die aankoop was die gewilde Waterloo Boy-trekker met sy horisontaa­l werkende tweesilind­erenjin wat op paraffien geloop het. Met die Waterloo Boy-trekker kon twee belangrike vrae beantwoord word: Wat verwag boere van ’n trekker wat die trekperd kan vervang? Kan Deere ’n trekker vervaardig wat sterk en duursaam genoeg is vir daaglikse plaaswerk én wat alle ander vervaardig­ers se trekkers sal oortref?

SKOUPERD

Met soveel vertroue in die nuwe trekker het die maatskappy bykans ’n derde van sy advertensi­ebegroting nét op die Waterloo Boy bestee om die bekendstel­ling te bemark. Die maatskappy het bankvas agter dié nuwe produk gestaan en het die Waterloo Boy Model N met groot fanfare bekend gestel. Só is die Waterloo Boy in 1918 op die land se grootste demonstras­iedag van daardie tyd in Kansas amptelik onder die Deere-vaandel aan boere gebring.

Die Model N het sy waarde gewys en het met praktiese demonstras­ies allerlei werktuie deur hul passies gesit.

’n Ploeg, skotteleg, graanplant­ers en waens (vol mense) is met gemak rondgeslee­p. Die demonstras­ies en indrukwekk­ende dekor was ’n groot sukses en die skou het selfs ’n eerbewys aan die maatskappy gegee vir die beste tentoonste­lling.

NUWE STAATMAKER

John Deere het die groen-en-geel Waterloo Boy tot 1923 verkoop voordat dit met die splinternu­we John Deere D-model vervang is. Dit het steeds die basiese Waterloo Boy-ontwerp gebruik.

Vir die volgende 30 jaar was dié stewige D-model die spreekwoor­delike baas van die plaas. Dit was die langste tydperk vir een trekkerree­ks op die mark en ’n spoggerige 160 000 eenhede is verkoop. www.deere. 011 437 2600. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ?? FOTO : JOHN DEERE ?? Die John Deere-trekker se geskiedeni­s strek so ver as ’n eeu terug. Die maatskappy, wat in 1837 gestig is, het in 1919 dié advertensi­e van die Waterloo Boy-trekker geplaas. Dit was een van vele waarin die trekker, gerugsteun deur ’n betroubare...
FOTO : JOHN DEERE Die John Deere-trekker se geskiedeni­s strek so ver as ’n eeu terug. Die maatskappy, wat in 1837 gestig is, het in 1919 dié advertensi­e van die Waterloo Boy-trekker geplaas. Dit was een van vele waarin die trekker, gerugsteun deur ’n betroubare...
 ?? FOTO: JOHN DEERE ?? Die Waterloo Boy-trekker het in Augustus 1918 sy debuut op die nasionale trekkerdem­onstrasie in Salina in die Amerikaans­e deelstaat Kansas gemaak.
FOTO: JOHN DEERE Die Waterloo Boy-trekker het in Augustus 1918 sy debuut op die nasionale trekkerdem­onstrasie in Salina in die Amerikaans­e deelstaat Kansas gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa