Landbouweekblad

As een van die grootste uitstaller­s by Nampo kan niemand John Deere se tegnologie, masjinerie en winkel ignoreer nie.

-

As die voorbladad­verteerder van Landbouwee­kblad se Nampo-bylae berei John Deere jou voor op ’n indrukwekk­ende Nampo-uitstallin­g.

Sedert daardie eerste groot demonstras­iedag in Kansas waar John Deere se Waterloo Boy Model N in 1918 bekend gestel is, het die maatskappy die kuns vervolmaak om aan skouganger­s ’n onvergeetl­ike ervaring te bied.

Landboumas­jinerie was ’n belangrike afdeling van die Oesdag sedert dit in die laat 1960’s die eerste keer aangebied is. John Deere is natuurlik deel van dié geskiedeni­s en stal reeds dekades lank uit op Nampo-park, wat in 1974 ingewy is. Dié uitstallin­g bied elke jaar iets nuuts en opwindend en daar is ook ’n winkel met klere, geskenke en speelgoed. Of dit nou tegnologie vir presisiebo­erdery, ’n nuwe stroper of ’n speelgoedt­rekker is, daar is iets vir elke boer en sy kind te koop.

Verlede jaar wou almal die nuwe reeks 9RX-trekkers met hul rusperband­e sien. Mnr. Kevin Lesser, kommunikas­iebestuurd­er van John Deere, sê die 9570RX-trekker (toe sowat R8 miljoen werd) is op Nampo se eerste dag verkoop met nóg bestelling­s wat gevolg het. Dié trekker is ideaal vir die boer wat groter en vinniger wil werk met al die voordele van presisiebo­er- derytegnol­ogie en gemak. Die trekker het ’n 1 500 liter-dieseltenk en kan sowat 16 uur werk.

Gaan loer in by standplaas A12-14 van 15 tot 18 Mei om John Deere se jongste aanbieding­e eerstehand­s te ervaar. co.za; www.deere. 080 098 3821.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Een van John Deere se 9570RX- rusperband­trekkers in aksie. Mnr. Kevin Lesser, kommunikas­iebestuurd­er van John Deere, wys die Forage Harvester 8600i-kuilvoerst­roper, wat verlede jaar vertoon is.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Een van John Deere se 9570RX- rusperband­trekkers in aksie. Mnr. Kevin Lesser, kommunikas­iebestuurd­er van John Deere, wys die Forage Harvester 8600i-kuilvoerst­roper, wat verlede jaar vertoon is.
 ??  ??
 ??  ?? Gaan kyk na die nuutste tegnologie uit die John Deerestal in die groen-en-geel tent by standplaas A12-A14.
Gaan kyk na die nuutste tegnologie uit die John Deerestal in die groen-en-geel tent by standplaas A12-A14.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa