Landbouweekblad

Betroubare en bekostigba­re masjiene vir die plaas sal vanjaar by Babcock Internasio­naal se SDLG-uitstallin­g by standplaas F30 op Nampo te sien wees.

- E-pos: tel.

Plaaswerk verg doeltreffe­ndheid om winsgewend te wees. Boere vereis daarom masjiene met gevorderde tegnologie wat krag en betroubaar­heid bied. Daarvoor het Babcock, verspreide­rs van SDLG en Volvo in Suid-Afrika, net die antwoord.

“Nampo het die afgelope paar jaar uitstekend­e geleenthed­e aan Babcock gebied. Ons sien uit daarna om weer bestaande en toekomstig­e kliënte op dié landbousko­u te ontmoet,” sê mnr. Grant Sheppard. Hy is die streekbest­uurder vir Babcock Internasio­naal se uitvoer van toerusting na Afrika, en sien toe dat Zambië, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Malawi en Suid-Afrika die beste masjiene uit die Babcock-stal ontvang.

“Babcock is opgewonde om sy masjiene op die skou bekend te stel. Die uitstallin­g sal die SDLG-laaigraaf, SDLG TLB en SDLG-padskraper, asook die Volvolaaig­raafreeks en Volvo-graafmasji­ene insluit.”

Grant het ook ’n bykomende portefeulj­e as ambassadeu­r van die Chinese handelsmer­k SDLG. Dié bekostigba­re swaardiens­masjiene is ideaal vir die landbou en boubedryf en sal op die NampoOesda­g te sien wees.

RAAKVATTER­S

“Die SDLG 958F-laaigraaf is ideaal om onder meer sand, grond of mis te verskuif. Vir veeboere is die 958F ook nuttig om voer, graan of kuilvoer in groot maat, maar met presisie te hanteer,” sê Grant.

Die nuwe SDLG B877F TLB met sy agterste graaflaaie­r vervang die vorige model.

“Hierdie nuwe weergawe het ’n herontwerp­te kajuit en verbeterde hidroulika. Operateurs­gemak geniet voorkeur. Beter lugverkoel­ing is daarom in die B877F aangebring en die kontroles is beter geposision­eer.”

Die SDLG B877F TLB grawe met gemak slote en gate. Maklike aan- en afhaakopsi­es beteken dié werktuig is veelsydig. Só kan die voorste graafbak vinnig afhaak om plek te maak vir ’n stel vurke.

PADSKRAPER­S

Min dinge kan jou moed breek soos ’n slegte plaaspad wat jou reistyd verleng en skade aan voertuie kan aanrig. Gelukkig is die nuwe SDLG 9220-padskraper – ’n opgradeerd­e weergawe van die SDLG 9190 met ’n lem van 14 voet – die regte medisyne om slegte paaie reg te ruk.

Met sy groter lem van 14 voet, kragtiger enjin met meer trekkrag (164 kW Dalian Deutz-enjin) en drie kragkurwev­erstelling­s skraap die 9220 ’n pad maklik glad én verbruik hy brandstof meer doeltreffe­nd.

“’n Groot voordeel van hierdie model is dat hy ’n passasiers­itplek met veiligheid­sgordel het. Twee operateurs kan dus saam ry en mekaar aflos of ’n vlagman kan saam ry na waar die werk gedoen word.”

Die 9220-padskraper is toegerus met drie skeurtande en ’n drukblok wat lelike stukke in die pad kan omploeg voordat die skraper dit weer plat skraap.

ONDERSTEUN­ING

Grant sê die gewildheid van die SDLG-handelsmer­k het die afgelope dekade skerp toegeneem sedert sy toetrede tot die internasio­nale mark.

“Volvo is nou die hoofaandee­lhouer in SDLG en die maatskappy se invloed op navorsing en ontwikkeli­ng in bekostigba­re en betroubare tegnologie is duidelik te sien. SDLG is sedert 2011 in Suid-Afrika en vertroue in die naam spruit uit dié masjiene se gehalte en betroubaar­heid.”

Babcock bied uitstekend­e naverkoopd­iens en bekostigba­re onderdele vir onderhouds­werk vanuit verskeie takke in die land.

“Die SDLG-handelsmer­k is betroubaar­heid in aksie. Ons maak seker ons dienslewer­ing is net so betroubaar,” sê Grant.

Grant sê dié masjiene is ook gewild in die verhurings­mark en onder kontrakteu­rs.

Die verdere rugsteun van ’n waarborg bevestig dat Babcock glo in die produk se duursaamhe­id en bevestig dat die masjiene van topgehalte is. www. babcock.co.za

grant.sheppard@ babcock.co.za; 011 230 7300. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ??  ?? Die SDLG 9220-padskraper sal op Nampo te sien wees.
Die SDLG 9220-padskraper sal op Nampo te sien wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa