Landbouweekblad

Die gespesiali­seerde werktuie van LEMKEN het hul oorsprong in Duitsland. Dit is bekend om presisie, vernuwing en unieke meganiese oplossings vir die landbou.

- E-pos: sel

LEMKEN se kenmerkend­e blou werktuie is al ’n bekende gesig op Suid-Afrikaanse bodem. Mnr. Karel Munnik, besturende direkteur, en sy span in Suid-Afrika bestuur dié Duitse maatskappy se verspreidi­ngsnetwerk in Afrika suid van die Sahara.

“Boere wat ons masjinerie koop, kom terug om nog van hul toerusting met LEMKEN se werktuie te vervang. Met minder bewerkings kan die grond doeltreffe­nder bewerk word om ’n ferm saadbed voor te berei,” sê Karel.

LEMKEN is verantwoor­delik vir die bemarking, verskaffin­g van onderdele en die opleiding van handelaars in Suider-Afrika vir LEMKEN-land- boutoerust­ing wat in Duitsland vervaardig word. LEMKEN SA is ’n dogtersmaa­tskappy van LEMKEN GmBh in Duitsland.

“LEMKEN doen al sedert 1 Januarie 2012 in Suid-Afrika sake, maar LEMKEN in Duitsland bestaan al sedert 1780. Ons doen nie regstreeks met klante sake nie, maar het ’n handelaars­netwerk in SuiderAfri­ka wat bykans elke belangrike streek verteenwoo­rdig,” sê Karel.

Die duursaamhe­id van LEMKEN se werktuie, die feit dat dit ekonomiese bewerking bied en die maatskappy se uitstekend­e naverkoopd­iens is van die eienskappe wat die maatskappy laat uitstaan, sê Karel.

LEMKEN is vanjaar weer op Nampo om sy gewildste werktuie uit te stal. Kenners sal ook beskikbaar wees om boere se vrae te beantwoord en oor sy produkte te gesels.

Karel, mnre. Christo Prinsloo, Blackie Swart, Jacobus Beyers en Rudi Botha, asook me. Monia Shears sal almal vanjaar op Nampo by Bothaville wees en nooi alle boere om hulle te besoek.

Karel sê LEMKEN bied nuwe tegnologie wat tot voordeel van boere se ondernemin­gs kan wees. Dit kan ook doeltreffe­ndheid verhoog en koste verlaag.

“Vanjaar stel ons ook die Solitair 12-planter op Nampo bekend.”

GRONDBEWER­KING

LEMKEN se Solitair 12 is ’n Die uitmeetmeg­anismes word elektries aangedryf, maar elektronie­s gereguleer. Die meeteenhed­e lewer ’n eweredige vloei van sade en goeie verspreidi­ng.

Die kouterbalk van die Solitair 12 is in twee dele verdeel. ’n Vernuwende hidroulies­e stelsel bied deurlopend­e grondaanpa­ssing, wat veral belangrik is vir groot werkwydtes. Dit word bewerkstel­lig deur middel van vier gekoppelde drukstawe wat selfs op ongelyke terrein eweredige druk toepas en by die grond aanpas. www. lemkensa.co.za; b.swart@lemken.com; 082 404 9651; e-pos: k.munnik@lemken.com; 082 412 2577. Bylae tot Landbouwee­kblad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa