Landbouweekblad

BHBW verskaf omvattende oplossings vir digitale boerdery saam met die Massey Ferguson-reeks.

- Tel.

Massey Ferguson se reeks bestaan uit trekkers met kragleweri­ng van 27 kW tot 266 kW. Verskeie werktuie kan daaraan gekoppel word, soos breedwerkp­lanters van tot 24 rye, en ’n volledige reeks hooimaakto­erusting.

Nuwe toevoeging­s aan die trekkerkan­t is vier MF 7700-modelle van 136 kW tot 177 kW. Dié trekkers, ’n opgraderin­g van die hoërkilowa­tt-modelle in die beproefde MF 7600-reeks, is toegerus met AGCO Power-enjins en Dyna 6-transmissi­es met 24 vorentoe- en truratte wat sonder ’n koppelaar kan wissel.

Die trekkers het ’n hysvermoë van tot 9,95 ton – dit is bo die gemiddelde vir dié mark.

Mnr. Johan Joubert, hoofbestuu­rder van Massey Ferguson by BHBW (voorheen Barloworld Agricultur­e), sê die trekkers is ontwerp vir maksimum kragleweri­ng en wringkrag, en ook brandstofe­konomie.

Massey Ferguson se vlagskipMF 8700-reeks, wat uit twee modelle van 228 kW en 266 kW bestaan, is aangevul met die MF 8727 van 195 kW.

Soos die groter modelle het dit ’n deurlopend wisselende Dyna-VT-transmissi­e en ’n trekkerbes­tuurstelse­l wat die enjinspoed en transmissi­e outomaties aanpas vir optimale kragleweri­ng en brandstofd­oeltreffen­dheid. Dit het ’n hysvermoë van 12 ton op die driepunt.

BASIESE TREKKERS

Op Nampo sal klem gelê word op Massey Ferguson se Globalreek­s van 61 kW tot 98 kW (die MF 4700-, MF 5700- en MF 6700-reeks). Dié trekkers is prakties, veelsydig en eenvoudig om te hanteer.

“Dit is trekkers so reg in die BHBW het sy reeks hooimaakto­erusting uitgebrei ná nog ’n internasio­nale verkryging deur AGCO, die vervaardig­er van Massey Ferguson.

AGCO het Fella in 2011 oorgeneem. AGCO se Feucht-aanleg lewer nagenoeg 11 500 Massey Ferguson-, Fella- en Fendt-hooimaakwe­rktuie per jaar.

BHBW Suid-Afrika versprei tolsnyers, hooilugter­s en kragharke uit die Feucht-fabriek.

Ná AGCO se onlangse oorname van Lely se voermaakaf­deling (waaronder Welger) voeg BHBW nou ook beproefde rondebaler­s by sy gewilde vierkanten blokbalers.

Drie vastekamer-rondebaler­s is beskikbaar, waaronder ’n swaardiens­model. Die balers het ’n optelwydte van 2m of 2,25 m en lewer bale van 1,25 m in deursnee (tou of net).

’n Xtracut-funksie met 13, 17 of 25 lemme is beskikbaar om materiaal fyner te kerf. “BayWa, ’n vennoot in BHBW, is ’n leier in digitale boerdery in Duitsland. Só kan ons tegnologie bied wat die presiese bestuur van die hele graanprodu­ksiesiklus deur ingeligte besluitnem­ing moontlik maak,” sê Johan.

Tegnologie­se produkte wat besig is om die landbou wêreldwyd te transforme­er is reeds by BHBW beskikbaar onder die NEXT Farming-handelsmer­k en sal op Nampo ten toon gestel word.

“NEXT Farming bied ’n volledige program wat al die nodige ruimtelike inligting oor die toestande vir elke landery verskaf en só liggingspe­sifieke plaasbestu­ur moontlik maak. Akkurate grafiese voorstelli­ngs van onder meer opbrengs, sensordata en grondmonst­erontledin­gs, en die skep van kaarte om die data toe te pas, is moontlik met NEXT Farming se liggingspe­sifieke bestuursin­ligtingste­lsel.”

Die koste, inkomste en winsbydrae per plaas of landery word onder meer outomaties gelewer vir die skep van verslae wat op ’n iPhone met die NEXT-toepassing afgelaai kan word.

BHBW verskaf nie net die sagteware en die nodige hardeware of produkte vir presisiebo­erdery nie, maar ook profession­ele dienste, soos gewasadvie­s, meganisasi­ebeplannin­g, diensplann­e vir toerusting en finansieri­ngsprogram­me.

“Met NEXT Farming-tegnologie kan jy die beste haal uit elke vierkante meter grond, selfs elke individuel­e plant. Só maak ons dit vir kommersiël­e en ontluikend­e voedselpro­dusente moontlik om produktiew­er, winsgewend­er en volhoubaar­der te boer.” www.masseyferg­uson.co.za; 011 898 0074. Bylae tot Landbouwee­kblad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa