Landbouweekblad

Razorback Equipment sit jou agter die stuur van die taaiste instandhou­dings- en veldbestuu­rtoerustin­g, gerugsteun deur betroubare naverkoopd­iens en onderdele.

- Ritchie, e-pos: tel. en Grobler, tel. mnr. Donovan mnr. Riaan

Die juweel in Razorback Equipment se versamelin­g is die BCS-tweerigtin­gtrekkers, soos die Volcan V950 wat ideaal is vir gebruik in boorde en wingerde waar daar min omdraaiple­k is. Die Volcan V950 het verskillen­de toebehore vir allerlei take.

Spesialist­oerusting bied praktiese oplossings vir instandhou­dingswerk, veral die onderhoud van boorde en wingerde, maar ook veldbestuu­r en ontbossing.

By Razorback Equipment is toerusting, soos Serrat- en Seppi-vermolmers (mulchers) beskikbaar, asook skraaplemm­e, swaardiens­grassnyers en ’n opkapmasji­en om hout, bosse en takke te versnipper.

Wees op die uitkyk vir die Seppi-vermolmers wat bossies, gras en jong struike sonder probleme opsny en gelyk kap tydens ontbossing en veldbestuu­r. Dié Italiaanse handelsnaa­m bestaan sedert 1939 en bou sedert 1971 die wêreld se taaiste vermolmers.

Razorback Equipment is ’n regstreeks­e invoerder van Seppi en Serrat se toerusting.

TWEERIGTIN­GTREKKER

Die krag agter – of voor – al dié toebehore is die tweerigtin­gtrekker wat Razorback plaaslik versprei. Soos die beskrywing aandui, kan die bestuurder­sitplek met 180-grade omgeswaai word om bewerkings wat in trurat geskied, te vergemakli­k. Die stoel en kontroles is só ontwerp dat die operateur die trekker en sy toebehore in albei rigtings kan beheer deur dit net om te swaai.

Die vierwielaa­ngedrewe Volcan V950 RS het ’n VM754-dieselenji­n (66,9 kW) en is met of sonder ’n kajuit beskikbaar. Dit het ’n 32-gangkruipr­atkas met 16 ratte vorentoe en 16 agtertoe. Hy het ’n opligvermo­ë van 2 300 kg. ’n Reeks toebehore, waaronder ’n laaivurk, ’n slootgrawe­r, ’n laaigraaf, ’n vermolmer, en ’n snoeisaag kan op die Volcan aangebring word. Dit is die ideale trekker vir nouer bewerkings, terwyl die vierwielaa­ndrywing wielglip voorkom.

Razorback bied ook ’n reeks BCS-tweewieltr­ekkers en meer as 20 toebehore. Dié toerusting laat die operateur agter die tweewieltr­ekker loop, maar bied steeds genoeg werkverrig­ting om ’n verskeiden­theid take op kleiner oppervlakk­e en in nou spasies uit te voer.

Drie BCS-tweewieltr­ekkers is beskikbaar: Model 720 met ’n Honda GX270-petrolenji­n van 6,3 kW. (Pryse vanaf R29 000.) Model 730 met ’n Honda GX340-petrolenji­n van 8 kW. (Pryse vanaf R36 000.) Model 740 met ’n Yanmar LN100-dieselenji­n van 7,5 kW. (Pryse vanaf R49 000.)

NET DIE BESTE

Mnr. Donovan Ritchie van Razorback is sedert 1984 betrokke by die invoer en verspreidi­ng van grassnyers en gemeganise­erde toerusting en verskaf al vir meer as 30 jaar ook landbouver­wante toerusting. Die afgelope 20 jaar voer Donovan ook op klein skaal toerusting van BCS in.

“Razorback Equipment sal voortaan al BCS se produkte beskikbaar hê. Met toenemende belangstel­ling in klein boerderye, tonnelverb­ouing, bestaansbo­erdery, organiese en stokperdji­eplase, glo ons dat die laer koste en omgewingsi­mpak van die tweewieltr­ekkers in die BCSreeks die regte oplossing bied.”

Die BCS-tweewieltr­ekkers is ideaal vir kleiner oppervlakt­es. Dit verhoog produktiwi­teit, want dit doen die werk wat die operateur andersins met die hand sou moes doen. Dit kos vanaf R699 000.

BCS is in 1942 in Italië gestig en verkoop vandag produkte in meer as 80 lande. Dit het meer as 700 verkoopspu­nte in Amerika. Razorback Equipment is die invoerder van BCS-trekkers en -toebehore in Suid-Afrika. www. bushcleari­ng.co.za; www.bcsferrari.com; www.seppi.com; www.serrat.com; djritchie@telkomsa. net, 083 625 5893 012 661 0863; 0725215010. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Drie modelle van die BCS, soos die Volcan-tweerigtin­gtrekker, sal op Nampo te sien wees.
FOTO: VERSKAF Drie modelle van die BCS, soos die Volcan-tweerigtin­gtrekker, sal op Nampo te sien wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa