Landbouweekblad

Argo Industrial nooi alle boere om sy uitstallin­g op Nampo te besoek en die bekendstel­ling van die X8-reeks by te woon.

-

Hoë krag het ’n nuwe naam by McCormick, naamlik X8. En met 200 kW en meer kombineer die X8trekkerr­eeks ware krag met gerief en styl.

Met die ontwerp van die X8reeks was McCormick se primêre doel om ’n trekker te bou wat gevorderde funksies kombineer met ongeëwenaa­rde styl en gemak vir veeleisend­e boerderyta­ke.

Die X8reeks bied verskeie kenmerke aan die operateur, soos ’n volledig herontwerp­te kajuit met ergonomies geplaaste kontroles, ’n vierstadiu­m“VTDrive”transmissi­e met kontroles wat maklik is om te gebruik, ’n helder DSMraakske­rmmonitor, ’n hidroulies­e stelsel met ’n vloeisnelh­eid van 212 liter/min. en vyf elektro hidroulies­e afstandbeh­eerkleppe, en kragtige, brandstofd­oeltreffen­de Betapowere­njins wat 200 kW en meer kan lewer.

Danksy die buitengewo­ne ontwerp is boere trots om ’n McCormick X8 te bestuur. Die enjinkap met sy skerp, dinamiese lyne gee aan die trekker ’n aggressiew­e en aantreklik­e voorkoms, terwyl die LEDligte in die voorste rooster naatloos geïntegree­r word.

Die kajuit met vier pilare, groot vensters en sondak bied uitsonderl­ike sigbaarhei­d in alle rigtings. Daarbenewe­ns bied tien dakgemonte­erde ligte uitstekend­e beligting vir nagwerk. Die X8 het vier maklik toeganklik­e trappe sodat die operateur maklik in en uit die kajuit kan klim.

ONOORTREFL­IK

Landini se 7reeks het ’n moderne kajuitontw­erp, ’n stylvolle, aggressiew­e voorkoms, ’n nuwe “Pro Drive”ratkas en beproefde Betapowere­njins.

Die reeks is gereed vir die toenemende eise van die moderne landbou en voldoen gevolglik aan die landboumar­k se hoogste verwagting­e.

Die “Pro Drive”ratkas met spoelkas (shuttle) en kruiprat dra krag oor deur ’n vyfgangrat­kas met ses kragskakel­s per gang.

Die ratkas word elektronie­s beheer deur drukknoppi­es op die multifunks­ionele armleuning van die sitplek met lugvering.

Dit het ’n outomaties­e skakelfunk­sie wat outomaties die korrekte rat selekteer in die land of op die pad.

MINDER BRANDSTOF

Die vyf modelle van die Landini 7reeks word aangedryf deur Betapowert­urboenjins met drukbuisin­spuiting en tussenlugv­erkoeling wat 116 kW tot 143 kW lewer. Die enjins van 6,7 liter het 6 silinders en 24 kleppe.

Die geoptimali­seerde elektronie­se brandstofi­nspuiting en die verbeterde verbrandin­gsdoeltref­fendheid stel die enjins in staat om meer krag met minder brandstof te lewer.

KAJUITSPAS­IE

Die ergonomies­e kajuituitl­eg is ’n ware tegnologie­sentrum van waar die operateur die trekker met maksimum gemak kan beheer. Die kajuit is ontwerp om vir die operateur ’n veilige, geraasvrye en gemaklike omgewing te verseker vir lang ure in die veld.

Die vierpilaar­kajuit is gelaai met funksies, waaronder ’n sitplek met lugvering en ’n multifunks­ionele armleuning, ’n teleskopie­se kantelvers­telbare stuurwiel, doeltreffe­nde outomaties­e klimaatbeh­eer en lugreëling, LEDligte en onbelemmer­de sigbaarhei­d.

Benewens die multifunks­ionele armleuning wat na die sypaneel verskuif is, het die kajuit dieselfde kenmerke as die kajuit van die ander vyf modelle. Die ratkasfunk­sie, nou op die sypaneel, verskaf steeds die normale funksies omdat die ratkas in al die modelle in die 7reeks dieselfde bly.

NAMPO

Benewens die Landini en McCormickt­rekkerreek­se kan besoekers aan Nampo by Argo Industrial se uitstallin­g ook Gallignani se hooimaakto­erusting, FELLA se snyers en harke, asook Sigma se baalklampe en vurke besigtig.

 ?? FOTO’S: ALBIE BREDENHANN ?? McCormick se X8-trekkers is ontwerp om naatloos met toekomstig­e tegnologie te integreer.
FOTO’S: ALBIE BREDENHANN McCormick se X8-trekkers is ontwerp om naatloos met toekomstig­e tegnologie te integreer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa