Landbouweekblad

Besoek Smith Power Equipment se Nampo-uitstallin­g en vind meer uit oor Kubota se trekkers en sien hoe dié masjinerie jou boerdery kan bevoordeel.

-

As jy nog nie met dié kompakte toerusting se groot krag kennis gemaak het nie, kan jy gerus glo wat boere oor Kubota se trekkers te sê het.

Kubota word by die Synag-boerdery by Randvaal ingespan en tot die uiterste beproef.

“Ons onderwerp die toerusting voorwaar aan ’n strawwe toets,” sê mnr. Tony Teerink, onderhouds­bestuurder van die Synag-melkboerde­ry. Met sowat 4 000 koeie in melk in die groep se vyf melkerye moet elke stukkie toerusting elke dag heeldag gereed wees, want dinge staan nooit stil nie.

Tony sê die Kubota-trekkers se tegnologie is werklik besonders. Voer moet vir al die beeste gemaak word en ’n trekker wat vir Synag wil werk, moet grondbewer­king kan verrig, asook plant-, strooi-, sny-, baal-, sleep- en mengwerk. Kubota het onlangs vir diens aangetree en die koeie én hul base glimlag breed oor hierdie sinvolle toevoeging.

KUBOTA M130X

Om voer te meng vir ’n melkery met 4 000 koeie in melk benodig jy ’n betroubare werksmag. Synag-melkboerde­ry se Kubota-trekkers is ideaal hiervoor.

Tony sê: “Ek was effens skepties toe die eerste oranje M130X-trekker hier aankom, maar hy het my gou verbaas. Dit is merkwaardi­g wat hy vir sy grootte kan doen.”

Die M130X se lugversorg­de kajuit bied ’n goeie uitsig reg rondom en gerieflike beheer met die handkontro­les.

Tony is veral beïndruk met die oranje trekkers se kraguitset. Kort ná sy aankoms is die M130X voor ’n 17-ry-geenbewerk­ingsmielie­planter (agt meter) ingespan vir plantwerk in al die verskillen­de grondtipes op die plase en dit het “geloop soos stroop”.

Die M130X het ’n 6,1 literenjin met regstreeks­e drukbuisin­spuiting en ’n turbo-aanjaer met tussenverk­oeling. Synag het twee van dié vierwielaa­ngedrewe 96,9 kW-trekkers, waarvan een permanent gekoppel is voor die voermenger wat tot 5 ton voer op ’n slag moet maal en meng.

Die M130X het ’n kraguitset van 84 kW op die kragaftakk­er, ongeag of die trekker ry of staan. Die grootste gerief van die trekker is egter sy outomaties­e ratwisseli­ng.

Dit het 16 vorentoe- en 16 truratte met al die voordele van ’n hidroulies­e veelplaat-natskyfaan­dryfkoppel­ing. Tony sê die grootste probleem was om die trekkerope­rateurs te leer om nie die koppelaar uit gewoonte in te trap nie. Mnr. Dusty Londt, die werkswinke­lbestuurde­r, glimlag ook lekker breed oor die outomaties­e ratwisseli­ng. Hy sê hy is gewoond daaraan dat trekkers se koppelaars knaend “oorgedoen” moet word, maar met die Kubotas was dit nog nooit nodig nie.

Die plaas se eerste Kubota het ná langer as ’n jaar en met sowat 3 000 ure op die klok nog net gewone onderhoudw­erk nodig gehad.

KUBOTA M8540

Drie M8540-rolstaafmo­delle van 64 kW elk is die nuutste toevoeging tot die plaas se oranje werksmag. Die trekkers word tipies aangewend om onder meer nuwe raaigraswe­idings te vestig, vragte aan te ry of gras te sny.

Tonysêhull­emoetuiter­aard gereeld tussen die plase beweeg en die kleiner Kubota-trekkers met hul spaarsamig­e brandstofv­erbruik is ideaal daarvoor.

Die vierwielaa­ngedrewe trekkers kan ook maklik in die krale ingaan, selfs nadat dit goed gereën het, en draai op ’n tiekie. Tony sê jy druk net ’n knoppie en dan draai die voorwiele vinniger om die trekker in die rondte te trek met ’n draaisirke­l van net 3,5 m.

Hierdie artikel het oorspronkl­ik in ProAgri (April 2018) verskyn en word met vergunning van Smith Power Equipment hier gebruik.

 ?? FOTO: KUBOTA/SMITH POWER EQUIPMENT ?? Die Kubota M8540-laeprofiel­trekker van 63,1 kW is een van die modelle wat by die Synag-melkboerde­ry diens doen. Dit is soortgelyk aan die M9540 (70,9 kW) op die foto, maar het ’n nouer bakwerk en effens minder enjinkrag.
FOTO: KUBOTA/SMITH POWER EQUIPMENT Die Kubota M8540-laeprofiel­trekker van 63,1 kW is een van die modelle wat by die Synag-melkboerde­ry diens doen. Dit is soortgelyk aan die M9540 (70,9 kW) op die foto, maar het ’n nouer bakwerk en effens minder enjinkrag.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? ’n Wye reeks Kubota-trekkers, -veelterrei­nvoertuie en -boutoerust­ing sal op die Nampo-Oesdag naby die Nampo-saal te sien wees.
FOTO: LIZA BOHLMANN ’n Wye reeks Kubota-trekkers, -veelterrei­nvoertuie en -boutoerust­ing sal op die Nampo-Oesdag naby die Nampo-saal te sien wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa