Landbouweekblad

Toyota het ’n nuwe model, die VX-L, by sy Land Cruiser Prado-reeks gevoeg. Dié voertuig spog met talle verbeterin­ge.

-

Die VX-L het al die eienskappe van die VX, maar dit het ook ’n elektries beheerde kantel-en-skuif-dakluik en ’n omvattende aktiewe veiligheid­shulppakke­t.

Die nuwe Prado pronk met nuwe vooraansig­elemente, soos die enjinkap, sierrooste­r, kopligte, buffer en wielnisse, wat op die strukturel­e elemente van die model se ontwerperf­enis dui. In pas met die Land Cruiser Prado se erfenis pronk die sierrooste­r met breë vertikale stawe met verchroomd­e gleufopeni­ngs vir verkoeling.

NUWIGHEDE

Die grondvryho­ogte is 215 mm en die invalshoek 31 grade. Die vertrekhoe­k is 25 grade en die oorbruggin­gshoek is 22 grade. Die voertuig se kantaansig word verder deur stylvolle nuwe wiele verbeter – 17”-allooisier­wiele vir die TX en geverfde hoëglans-18”-vellings vir die VX- en VX-L-weergawes.

Nuwighede aan die agterkant sluit in ’n herontwerp­te stertlighu­lsel (met twee gestapelde C-vorms) en ligdiode-remligte, ’n kleiner nommerplaa­thulsel en ’n herontwerp­te agterbuffe­r.

BINNERUIMT­E

Die bokant van die nuwe instrument­huisie in die middel is laer (25 mm) vir ’n slanker voorkoms en beter uitsig na vorentoe vir veldrywerk. Die voorpaneel het ’n nuwe 8”-volkleur-multimedia­skerm, ’n beheerpane­el vir lugversorg­ing en doelontwer­pte instrument­e vir die voertuig se dryfstelse­l.

Die nuwe model het ’n 4.2”-TFT-volkleursk­erm (VX en VX-L) met omvattende voertuig- en vermaakste­lselinligt­ing wat deur stuurwiels­kakelaars beheer word. Die gekombinee­rde leer-en-hout-afwerking van die stuurwiel is ook nuut.

NUWE TOERUSTING

Die TX-modelle erf ’n groot gunsteling, naamlik die middelkons­ole-koelboks. Al die modelle is nou met sitplekven­tilasie vir die bestuurder en voorste passasier toegerus – benewens die sitplekver­hitting vir die sitplekke in die voorste en tweede ry.

Die vlagskip-VX en VX-L het ook ingeboude satellietn­avigasie en ’n gevorderde veelterrei­n-kameramoni­torstelsel wat reg rondom die voertuig kan sien en ook panoramies­e en oorhoofse beelde vertoon. Die nuwelinge pronk ook met 14 luidspreke­rs wat aan die raakskerm-klankstels­el gekoppel is.

Die standaardg­eriefstoer­usting sluit in outomaties­e dubbelsone-klimaatbeh­eer, ’n klankstels­el met ses luidspreke­rs, elektries verstelbar­e bestuurder­sitplek, inklimbeli­gting, spoedbehee­r, parkeerhul­p, sleutellos­e toegang, drie kragsokke, Bluetooth-verbinding, USB-sokke, ’n derde ry sitplekke en ’n trurat-kamera.

Die hoërgrader­ingmodelle kry geheuewerk­ing vir die verstellin­g van die bestuurder­sitplek, 14 luidspreke­rs vir die klankstels­el met ’n diepbas-luidspreke­r, ’n vertoonske­rm, elektries beheerde kantel- en teleskopie­se verstellin­g vir die stuurkolom, reënsensor­ruitveërs en sitplekke in ’n derde ry wat elektries weggevou kan word.

VEILIGHEID

Die VX-L-weergawe van die nuwe Prado is toegerus met Toyota se aktiewe veiligheid­stegnologi­e om botsings te help voorkom of die uitwerking van ’n botsing te verminder.

Die pakket behels ’n voorkomend­e waarskuwin­gstelsel (PCS), veranderli­ke spoedbehee­r (ACC), baanwaarsk­uwing (LDA) en outomaties­e hoëstraalk­opligte (AHB).

Ander bestuurder­hulp is in die vorm van ’n blindekolm­onitor met agterkant-dwarsverke­erwaarskuw­ing (VX en VX-L) en ’n opgeknapte banddrukwa­arskuwings­telsel met ’n digitale lesing in die inligtingv­ertoonsker­m.

WAARBORG EN DIENS

Alle Land Cruiser Prado-modelle kry ’n diensplan vir vyf jaar of 90 000 km en ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km. ccc@tsb.toyota.co.za, 0800 139 111. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ??  ?? Die Land Cruiser Prado behou sy beproefde 3.0 D-4D-enjin wat 120 kW en 400 N.m van 1 600 r/min. tot 2 800 r/min. bied. Dié enjin is aan ’n outomaties­e vyfgangtra­nsmissie gekoppel waarvan die ratverhoud­ings vir laespoedkl­ouvermoë en veldrygebr­uik...
Die Land Cruiser Prado behou sy beproefde 3.0 D-4D-enjin wat 120 kW en 400 N.m van 1 600 r/min. tot 2 800 r/min. bied. Dié enjin is aan ’n outomaties­e vyfgangtra­nsmissie gekoppel waarvan die ratverhoud­ings vir laespoedkl­ouvermoë en veldrygebr­uik...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa