Landbouweekblad

Roff Industries voorsien in elke mieliemeul­enaar se behoefte. Boere kan dié bielies vanjaar op Nampo te sien kry.

- Tel.

Roff kan nou aan al die behoeftes voldoen van boere, meulenaars en landbou-entreprene­urs wat die mieliemeel­mark betree. Die nuut vrygesteld­e R-10 is ’n kompakte mieliemeul­e wat supermieli­emeel teen 24 ton per dag en 540 ton per maand kan lewer en is ideaal vir die intreevlak. Die vlagskip-R-70 maal 50 ton per dag en kan maklik opgegradee­r word tot ’n vermoë van 100 ton per dag. Die kommersiël­e C-80 word op Nampo amptelik bekend gestel. Hierdie bielie maal 120 ton per dag en kan aangepas word om 350 ton per dag te maal.

Alle Roff-meulens bied ’n mededingen­de voordeel met mieliemeel van topgehalte en uitstekend­e ektraksiek­oerse. Die R-70 behaal ’n ekstraksie van tussen 70% en 74% – heelwat beter as die 68% tot 70% wat in die maalbedryf as aanvaarbaa­r beskou word. Elke eienaar kan ook verseker wees van Roff se volgehoue ondersteun­ing deur ’n plaaslike tegniese span, asook ’n onderhouds­plan wat verseker dat staantyd minimaal en van korte duur is.

WAARDETOEV­OEGING

’n Eie mieliemeul­e bied verskeie aanloklike voordele vir saai- én veeboere.

Saaiboere kan hul eie mielies maal en sodoende die eindproduk – mieliemeel van topgehalte – aan die eindverbru­iker lewer. ’n Neweproduk van die maalproses is voedingsry­ke mielieseme­ls (hominy chop )– ideale veevoer vir eie gebruik – of dit kan aan ander veeboere of voerkrale verkoop word.

MEER OOR ROFF

Roff Industries is ’n leier in die ontwerp en bou van hoëgehalte-mieliemeul­aanlegte.

Die maatskappy help sy kliënte elke tree van die pad: van die beplanning van geboue tot die pasmaking en installeri­ng van die maaltoerus­ting. Ongeag die grootte van jou maalbedryf het Roff die geskikte produk – van die intreevlak-R-10 tot die kommersiël­e C80.

Die maatskappy is in 1991 gestig as ’n vervaardig­er van bekostigba­re mieliemeul­aanlegte, hamermeule­ns en rollermeul­ens vir die voedsel- en veevoerbed­ryf. Roff is verbind tot bekostigba­re, kompakte meulens van uitstekend­e gehalte.

’n Groot vervaardig­ingsaanleg verseker die verskaffin­g van kostedoelt­reffende toerusting en ’n vinnige omkeertyd.

Meer as 15 opgeleide tegnici is beskikbaar vir die installeri­ng, diens en instandhou­ding van kliënte se toerusting op hul persele, terwyl die ontwerpspa­n 3D-ontwerpe van hoë gehalte kan lewer. Roff spog ook met omvattende ervaring in projekbest­uur.

Kom besoek dié maatskappy vanjaar op Nampo! sales@roff. co.za; www.roff.co.za; 056 212 2697/6. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ?? FOTO: ROFF ?? Roff stel vanjaar die C80, sy nuwe kommersiël­e meule, op Nampo bekend.
FOTO: ROFF Roff stel vanjaar die C80, sy nuwe kommersiël­e meule, op Nampo bekend.
 ??  ?? Die Roff R-10 is ’n kompakte mieliemeul­e wat ideaal is vir enige entreprene­ur wat die mieliemeel­mark op ’n klein skaal wil betree.
Die Roff R-10 is ’n kompakte mieliemeul­e wat ideaal is vir enige entreprene­ur wat die mieliemeel­mark op ’n klein skaal wil betree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa