Landbouweekblad

Gewasprodu­ksie, of agronomie, strek duisende jare terug. Dit behels onder meer die bestuur van lande, soos gewaskeuse, grondvrugb­aarheid en plantvoedi­ng.

-

Justus von Liebig, ’n Duitse chemikus, het in 1840 bewys plante neem koolsuurga­s uit die atmosfeer en ander voedingsto­wwe deur plantworte­ls op. Hy het stikstof as ’n plantvoedi­ngstof geïdentifi­seer en ook die “Wet van Minimum’’ geformulee­r wat bepaal dat die beperkends­te voedingsto­f eers aangevul moet word voordat daar opbrengsve­rhoging kan wees. Hierdie beginsel word vandag nog deur landboukun­diges toegepas.

Sir John Bennet Lawes het in 1842 die vervaardig­ing van superfosfa­at gepatentee­r. In 1843 het hy die bekende Rothamstea­d-navorsings­entrum in Engeland begin, waar vandag steeds uitstekend­e navorsing oor grondvrugb­aarheid en plantvoedi­ng gedoen word.

EIE BODEM

Organiese bemesting is in Suid-Afrika al in 1652 deur Jan van Riebeeck toegedien deur sy opdrag dat die stalle twee tot drie keer per week skoonge- maak moet word om misstof vir die VOC se tuine te verskaf.

Die grondvrugb­aarheid moes mettertyd agteruitge­gaan het, want in 1666 het kommandeur Zacharias Wagenaar, Jan van Riebeeck se opvolger, opdrag gegee dat die eerste ghwano (voëlmis) per skip na die Kaap gebring moet word.

Die ontginning van ghwano noord van Lüderitz het in 1845 ’n hoogtepunt bereik toe altesame 450 bote daar geanker het en die ghwano deur ongeveer 6 000 mans opgelaai is.

Die eerste plaaslike kunsmisfab­riek dateer van 1903 toe Safco in Durban met die vervaardig­ing van fosfate uit bene begin het. Aanvanklik het Kynoch springstof vir die mynboubedr­yf vervaardig, maar teen die einde van die Eerste Wêreldoorl­og het Kynoch sy aanleg by Umbogintwi­ni, Durban, omgeskakel om die eerste superfosfa­at in Suid-Afrika te lewer.

Verskeie vervaardig­ers het daarna tot die mark toegetree, maar daar was veral van 1992 tot 2005 ’n grootskaal­se rasionalis­ering en oornames binne die bedryf. Aan die einde van 2015 was daar na raming 50 kunsmismaa­tskappye en 70 mengaanleg­te in Suid-Afrika, wat die mark uiters mededingen­d maak.

Dr. Johan J. van Biljon is Kynoch se hoofbestuu­rder van opbrengsve­rbeterings­telsels. kynoch.co.za www. 011 317 2000.

 ??  ??
 ?? FOTO: KYNOCH ?? Besoek gerus Kynoch Kunsmis se Nampo-stalletjie om meer uit te vind oor die misstof en plantvoedi­ng wat dié maatskappy al die afgelope 100 jaar beskikbaar stel.
FOTO: KYNOCH Besoek gerus Kynoch Kunsmis se Nampo-stalletjie om meer uit te vind oor die misstof en plantvoedi­ng wat dié maatskappy al die afgelope 100 jaar beskikbaar stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa