Landbouweekblad

Senseed wil seker maak elke graanprodu­sent het toegang tot gehaltesaa­d van die kultivars wat by VKB en Sensako beskikbaar is.

-

Senseed, die gesamentli­ke bemarkings­afdeling van VKB en Sensako, is verlede jaar bekend gestel. Die oogmerk daarmee is om Sensako se bestaande reeks produkte, asook verskeie saaden weidingsre­ekse van ander verskaffer­s aan VKB, aan produsente te verskaf.

VKB is ’n gevestigde maatskappy wat in groot dele van die produksieg­ebiede finansieri­ng en produksie-insette verskaf. Sensako is ook reeds lank in die saadbedryf en trots daarop om eg Suid-Afrikaans te wees.

Sensako is toegespits op die ontwikkeli­ng van produkte vir die Suid-Afrikaanse mark met die doel om plaaslike boere winsgewend in bedryf te hou. Die bekendstel­ling van nuwe kultivars vereis intensiewe opbrengsto­etse en uitstekend­e graangehal­te – iets waarvoor veral Sensako se koringreek­s bekend is.

’n Hoë standaard word by die bekendstel­ling van nuwe kultivars gehandhaaf. Teeldoelwi­tte en agronomies­e vereistes moet nagekom word om die ekonomiese mededingen­de vermoë van gewasse te versterk.

Om kultivars te kies, is ’n belangrike produksieb­esluit en die keuse moet by elke produksies­telsel se vereistes inpas. Opbrengs en graangehal­te kraai koning, terwyl betroubare en objektiewe proefresul­tate oor die stabilitei­t van opbrengsre­aksie oor jare belangrik is om produksier­isiko’s te bestuur. ’n Reeks winterkori­ngkultivar­s van Sensako met goeie aanpasbaar­heid oor die hele planttydsp­ektrum van vroeg tot laat, goeie opbrengspo­tensiaal en siekte-eienskappe is beskikbaar. Kultivars vir besproeiin­g met ’n goeie opbrengspo­tensiaal en wat by elke planttyd kan inpas, is ook beskikbaar vir aanplantin­gs in die onderskeie produksieg­ebiede. Die onderskeie kultivars is:

SST 3149. SST 387. SST 347. SST 317. SST 316. SST 356.

SST 843. SST 884. SST 895. SST 875. SST 835. SST 806. SST 866. Die belowende kultivar SST 8135 is ook van vanjaar af kommersiee­l beskikbaar.

Sensako se bestaande reeks hawer- (SSH) en rogkultiva­rs (SSR) het hulself reeds bewys en die produkte is beskikbaar vir winterweid­ing, sny en baal, en graanprodu­ksie.

Nuwe genetiese materiaal word deurgaans getoets vir verhoogde graan- en weidingsge­bruike, en verbeterde kultivars word deurgaans ingefaseer.

’n Reeks somer- en weidingsge­wasse en grasse van verskeie verskaffer­s is beskikbaar, asook die nuwe lusernkult­ivar SSL 148 wat Senseed bemark. Sensako het nuwe sojaboonku­ltivars bekend gestel – SSS 5449, SSS 5052 en SSS 6560. Dit word reeds kommersiee­l aangeplant met goeie opbrengspr­estasie in al die produksieg­ebiede. Dié kultivars is onbepaalde groeiers, met glifosaat-weerstand en goeie agronomies­e eienskappe.

Die nuwe Clearfield-baster SY 3970CL word met behulp van Syngenta bemark. Hierdie kultivar bied mededingen­de opbrengste en die voordeel van Clearfield-tegnologie in onkruidbes­tryding. Dit is ’n wennerkomb­inasie in droëlandve­rbouing. Die geelmielie­kultivar SNK 768 is uit Sensako se konvension­ele mielieteel­program bekend gestel. Hierdie mediumgroe­itydkultiv­ar vergelyk goed met die beste konvension­ele basters in die mark wat opbrengspr­estasie betref. Agronomies­e kenmerke sluit in meerkoppig­heid, oorwegend enkelstamm­ig en goeie siekteverd­raagsaamhe­id.

’n Witmieliek­ultivar, SNK 61, is ook beskikbaar. Hierdie oopbestuif­de kultivar kan gebruik word vir graanprodu­ksie, weimielies en kuilvoer. Sensako se kultivargi­ds vir die somerreëng­ebied verskaf alle inligting oor die produkreek­s, kultivarei­enskappe, opbrengsre­sultate, saadbeskik­baarheid en ook die lys bemarkers om vir die komende produksiet­yd te kontak. www.sensako.co.za; 058 303 4690.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa