Landbouweekblad

Yara Animal Nutrition is weer vanjaar op Nampo in die Yara-beeskomple­ks te sien.

-

Yara Animal Nutrition is die grootste vervaardig­er van anorganies­e voerfosfat­e in Suid-Afrika, asook die vervaardig­er van Kalori 3000 en die verspreide­r van Voergraad Ureum.

Yara Animal Nutrition is in 2007 deur Yara oorgekoop en het in Januarie 2016 sy naam amptelik van KK Animal Nutrition na Yara Animal Nutrition South Africa verander.

Yara Animal Nutrition se vervaardin­gingsaanle­g is in Umbogintwi­ni naby Durban. Van daar af versprei die maatskappy sy produkte na depots in die hele Bylae tot Landbouwee­kblad Suid-Afrika. Hy voer produkte ook uit na onder meer Namibië, Botswana, Swaziland en Kenia. Wêreldwyd verkoop hy produkte in meer as 70 lande.

Yara Animal Nutrition se hoofproduk is Kynofos 21, ’n monodikals­iumfosfaat. Kynofos 21 vorm die grondslag van verskeie konsentrat­e en aanvulling­s in Yara Animal Nutrition se reeks produkte.

Kimtrafos 6 en Kimtrafos 12 Grandé is ’n fosfaat-en-spoorminer­aalaanvull­ing en konsentraa­t, en verryk met ’n neweproduk van melasse. Dit bevat al die belangrike spoorminer­ale vir optimale produksie en re- produksie van diere.

PhoSure 6 en PhoSure 12 is Yara Animal Nutrition se unieke, weerbestan­de fosfaaten-spoorminer­aalaanvull­ing en konsentraa­t. Met dié produk sal lekke nie muf nadat dit natgereën het nie. As die lek natreën, vorm ’n harde, beskermde lagie bo-op die produk. Ná die reën kan diere die lagie maklik breek en verder vreet aan die droë, onbeskadig­de lek.

PhosPro 17 is ’n weerbestan­de fosfaat-en-spoorminer­aalaanvull­ing. Dit bevat 5% ureum om proteïene aan te vul wan- neer veldtoesta­nde nie optimaal is nie.

Registrasi­enommers ingevolge Wet 36 van 1947: Kynofos 21 (reg.nr. V2851); Kimtrafos 6 Grandé (reg.nr. V23311); Kimtrafos 12 Grandé (reg.nr. V18670); PhosSure 6 (reg.nr. V11350); PhosSure 12 (reg. nr. V12858); PhosPro 17 (reg. nr. V24441); Voergraad Ureum (reg.nr. V15681); Kalori 3000 (reg.nr. V2809).

 ??  ??
 ?? FOTO: YARA ANIMAL NUTRITION SOUTH AFRICA ?? Yara nooi alle boere uit na sy Nampo-stalletjie. Voedingsku­ndiges sal inligting gee oor die produkte en die formulasie­s van voere en lekke.
FOTO: YARA ANIMAL NUTRITION SOUTH AFRICA Yara nooi alle boere uit na sy Nampo-stalletjie. Voedingsku­ndiges sal inligting gee oor die produkte en die formulasie­s van voere en lekke.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa