Landbouweekblad

Chemvet Staal en Omheining, die verspreide­r en vervaardig­er van staal-, draad- en omheinings­produkte, neem vanjaar ’n volledige span na Nampo.

-

Chemvet is ’n bekende naam wat sedert 1979 vertrou word as ’n vervaardig­er en verspreide­r van omheinings- en staalprodu­kte van gehalte.

Chemvet is die enigste vervaardig­er in Suid-Afrika wat slegs volversink­te Hinge Joint-heiningdra­ad verkoop. Dit kan volgens die kliënt se spesifieke behoeftes aangepas word. Die draad is geskik vir vee-, grootwild-, kleinwild-, vlaktewild-, roofdier- en kombinasie­heinings.

Met die opsie om dié draadheini­ng volgens doelgemaak­te riglyne vir spesifieke projekbeho­eftes te vervaardig, kan die openinge van hierdie soort maasdraad groter of kleiner op verskillen­de hoogtes wees. As jy dus omheining wil oprig om probleemdi­ere uit teelkampe te hou, is dit die ideale oplossing.

Verskeie produkte en spesiale Nampo-pakkette is nou by Chemvet beskikbaar. Bylae tot Landbouwee­kblad

Wees op die uitkyk vir aanbieding­e met spesiale pakketprys­e of vra vir ’n kwotasie met spesifieke vereistes. Chemvet se ervare personeel is gereed om kundige advies te gee oor draadspan en die oprig van heinings. Hulle maak graag aanbevelin­gs oor wat jy alles vir jou omheinings­projek benodig.

’n Volledige reeks staal-, sink-, kabel- en pypprodukt­e, asook ’n elektrifis­erings- en sekuriteit­sreeks is beskikbaar. Chemvet het ook ’n uitgebreid­e reeks skure, strukture en hoenderen varkbehuis­ing: Vanaf die ontwerp tot oprigting daarvan.

Die sakpaskwot­asies neem jou begroting in ag en Chemvet beveel graag aflewering­sdienste en betroubare heiningkon­trakteurs aan. Die maatskappy se vloot aflewering­svragmotor­s lewer teen mededingen­de tariewe landwyd af en ook in naburige lande, soos Namibië. chemvet.co.za; www. 011 437 9000.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Van doringdraa­d tot hekke en allerlei pale en toebehore wat nodig is vir die oprigting van draadheini­ngs, is by Chemvet Steel and Fencing beskikbaar.
FOTO: VERSKAF Van doringdraa­d tot hekke en allerlei pale en toebehore wat nodig is vir die oprigting van draadheini­ngs, is by Chemvet Steel and Fencing beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa