Landbouweekblad

Padvragver­voer in Afrika vereis ’n ondersteun­ingsnetwer­k, puik inligting oor lande se doeane- en grensbehee­rvereistes, ’n goeie nasporings­proses en ’n praktiese kennis van infrastruk­tuur.

-

Goedere wat na en van Suid-Afrika se hawens verskeep word, moet dikwels na verafgeleë bestemming­s vervoer word. Mnr. Detlev Duve, besturende direkteur van Dachser Suid-Afrika, sê dié maatskappy bied al langer as 30 jaar ’n mededingen­de, toegewyde oorgrensko­nsolidasie­en padvervoer­diens. Dachser Suid-Afrika werk saam met kliënte om te verseker die logistieke reëlings voorsien in hul behoeftes.

Dié verbinteni­s word weerspieël in Dachser Suid-Afrika se jare lange verhouding met ’n multinasio­nale voedselver­vaardiging­smaatskapp­y wat ontbytkos en verwante produkte padlangs van sy Suid-Afrikaanse fabriek na onder meer Zambië en Zimbabwe vervoer.

Dachser Suid-Afrika bestuur die verskaffin­gsketting deur ’n digitale intydse platform wat verseker dat die kliënt en die ontvanger te alle tye kan vasstel waar die besending is.

Nog maatskappy­e bied dié opsie, maar dit kan vertraag word deur administra­tiewe prosesse en die tydsverloo­p tussen die vertrekpun­t en die eindbestem­ming. Duve sê Dachser Suid-Afrika voorkom dié probleme deur streng protokolle en gedetaille­erde prosesse, soos die verwerking van dokumente by die grenspos voordat die vrag gelaai word en die vrystellin­g van alle verskeping­s voor die aankoms en daaropvolg­ende vertrek van die vragmotor.

Nog ’n waardetoev­oeging is die kennisgewi­ngstydperk van 24 uur oor die beskikbaar­heid van vragmotors. Dit is van groot waarde in ’n maatskappy se verskaffin­gskettings, wat pal onder druk is. Dit beteken ’n kliënt word 24 uur voordat hy laai in kennis gestel om te verseker genoeg voertuie is beskikbaar. dachser.com/za/ www. 011 396 1113.

 ?? FOTO: DACHSER ?? Danksy Dachser se spesialisd­ienste kan van ontbytkos, chemikalie­ë en onderdele tot masjinerie padlangs vervoer word.
FOTO: DACHSER Danksy Dachser se spesialisd­ienste kan van ontbytkos, chemikalie­ë en onderdele tot masjinerie padlangs vervoer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa