Landbouweekblad

’n Goeie oplossing vir die opgaar van water wen vinnig veld namate boere kostedoelt­reffende en plooibare opsies soek om dié kosbare hulpbron te bewaar.

-

Die gepatentee­rde Damsak is ’n versterkte poliviniel­chloried-sak (PVC bladder ), wat van 500 liter tot 200 000 liter vloeistof kan opberg. Die Damsak weeg van 4 kg tot 220 kg.

Benewens water kan dit vir die meeste vloeistoww­e gebruik word. ’n Wes-Kaapse besigheid het byvoorbeel­d 3 000 000 liter rooiwyn in vyftien 200 000 literDamsa­kke opgeberg.

Die toe, donker omgewing binne die Damsak voorkom die groei van alge en verdamping, en die inhoud kan nie besoedel raak nie.

Prof. Gordon Bredenkamp, uitvinder van die Damsak, het die produk in 2007 vir persoonlik­e gebruik ontwerp. “Ons het ’n betroubare waterreser­voir op ons plaas nodig gehad en die Damsak is só gebore.”

Die kommersiël­e gebruik van die produk het die afgelope 11 jaar vinnig gegroei namate Suid-Afrika se waterskaar­ste al hoe duideliker geword het.

Om by te hou met die vraag, het Bredenkamp Rhino Water aangestel as primêre verspreidi­ngsagent van die produk in Suid-Afrika.

Rhino Water moet verseker die produk is onder meer beskikbaar in die droogteget­eisterde Oos- en Wes-Kaap.

Mnr. Sarel Bam, besturende direkteur van Rhino Water, sê die maatskappy is opgewonde om die produk te voeg tot die volhoubare oplossings wat hy aanbied. Dit sluit die oes en behandelin­g van water in.

“Die Damsak vul bestaande wateropgaa­rgeriewe aan. Dit is ook klein en lig genoeg om in ’n gesinsmoto­r te vervoer. Dit kos tot 50% minder as lywige, konvension­ele tenkstelse­ls, wat duur is om te vervoer en te installeer, en dikwels ’n wagtydperk van tot ses weke het.”

Die reservoirs het ’n waarborg van vyf jaar en ’n langer gebruiksdu­ur as draad- en vinielalte­rnatiewe. Damsakke kom in voedsel- en kommersiël­e grade en die pryse wissel van R1 600 tot R88 000. rhinowater.co.za info@ 041 451 3197.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa