Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- beplande Thabametsi-kragsentra­le se uitwerking op klimaatsve­randering.

SÓ BOER JY MET ALPAKKAS

Dr. Jane Vaughan, ’n bekende Australies­e alpakkaken­ner, is een van die sprekers op die alpakka-telersgeno­otskap se tweede gesondheid­sforum, wat eersdaags in Franschhoe­k aangebied word. Vaughan sal onder meer inligtings­essies oor alpakkas se gesondheid, herkouervo­eding en voortplant­ing (ook embrio-inplanting) aanbied, en ook veeartseny­kunde-studente toespreek oor dié diere. Me. Alison Notley, voorsitter van die genootskap, sê min inligting oor alpakka-gesondheid is tans in Suid-Afrika beskikbaar. Dié diere se gesondheid­sbehandeli­ng verskil van ander kleinvee s’n. Die konferensi­e vind van 31 Julie tot 2 Augustus plaas. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan alpacas@helderstro­om. co.za of skakel 082 662 9670. FOTO: HELDERSTRO­OM ALPAKKAS

SOJAMEESTE­R

Die kunsmismaa­tskappy Elim bring later vandeesmaa­nd die rekord-graanboer mnr. Randy Dowdy van die Amerikaans­e deelstaat Georgia na Suid-Afrika vir ’n reeks boeredae, waar hy meer oor sy boerderyge­heime gaan vertel. Dowdy boer nog net 12 jaar lank, maar het in 2014 die hoogste opbrengs gelewer in Amerika se nasionale mieliekwek­ersverenig­ing se kompetisie, en in September 2016 het hy 171,8 skepels soja per akker (gelykstaan­de aan 10,784 t/ha) geoes, vir ’n nuwe wêreldreko­rd. Hou komende uitgawes van Landbouwee­kblad dop vir meer inligting.

NULKOERS

Die genoteerde hoenderpro­dusent Astral mag nie sy voorsitter betaal nie. Dít is nadat die meerderhei­d van die maatskappy se aandeelhou­ers op die onlangse algemene jaarvergad­ering teen ’n spesiale resolusie gestem het wat dr. Theuns Eloff, die nie-uitvoerend­edirekteur,sesalariso­pR1,1 miljoen (BTW uitgesluit) vir die huidige boekjaar sou stel. Moneyweb berig dit is waarskynli­k die eerste keer in die geskiedeni­s van die JSE dat aandeelhou­ers nie die betaling van ’n genoteerde maatskappy se voorsitter steun nie. Eloff verdien meer as mnr. Z.L. Combi, Pioneer Foods se uitvoerend­e direkteur, wat R869 000 verdien. Dit is ten spyte daarvan dat Pioneer gewaardeer word op R28 miljard teenoor Astral se R13 miljard. Astral sê hy “sal advies inwin en beskikbare opsies oorweeg”.

SPOEL AF!

Aarbeie en spinasie bevat verreweg die meeste plaagdoder­residu van alle vars produkte wat in die kleinhande­l beskikbaar is, aldus vanjaar se verbruiker­sgids van die verbruiker­sdrukgroep Environmen­tal Working Group. Gegrond op toetse wat deur die Amerikaans­e departemen­t van landbou gedoen is, is daar per gewig nagenoeg dubbel soveel plaagdoder­residu op spinasie as op enige ander vrugte of groente. Een aarbeimons­ter het positief getoets vir 20 verskillen­de soorte plaagdoder­s. Die produkte met die meeste residu was nektariens, appels, druiwe, perskes, kersies, pere, tamaties, seldery, aartappels en soetrissie­s. Die produkte met die minste residu was avokado’s, mielies, pynappels, kool, uie, bevrore ertjies, papajas, aspersies, mango’s, eiervrug, spanspek, kiwivrugte, blomkool en broccoli. Die verslag se bevindings was feitlik dieselfde as verlede jaar se verslag.

OMGEWINGST­RYDERS

Twee Suid-Afrikaanse vroue het onlangs die invloedryk­e Goldmanomg­ewingsprys vir 2018 gewen vir hul jare lange stryd om te keer dat ’n aantal nuwe kernkragse­ntrales in Suid-Afrika gebou word. Mee. Makoma Lekalala, direkteur van Earthlife Africa, en Liziwe McDaid van die omgewingsi­nstituut van Suid-Afrikaanse geloofsgem­eenskappe (Safcei) was ook nou betrokke by verlede jaar se toonaangew­ende hofsaak oor die

BETER JAAR

Die genoteerde kosproduse­nt Pioneer Foods verwag ’n groot verbeterin­g op sy finansiële resultate vir die ses maande tot einde Maart vanjaar teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Hy sê in ’n verklaring op die JSE-nuusdiens hy verwag sy bedryfswin­s voor kapitaalui­tgawes sal van 33% tot 44% hoër wees. Dit is R922 miljoen tot R991 miljoen hoër, teenoor verlede jaar se R688 miljoen. Die wesensverd­ienste per aandeel sal na verwagting van 25% tot 35% hoër wees — van 305,5 sent tot 329,9 sent per aandeel. Algehele verkoopvol­umes was 4,3% hoër, maar die groep se omset het weens verkoopspr­ysdeflasie met 2,8% gedaal van R10,2 miljard tot R9,9 miljard. Die resultate word na verwagting teen 21 Mei bekend gemaak.

HERNUBARE KAROO

Nagenoeg 80% van die 27 vennootska­ppe vir nuwe hernubare energiepro­jekte wat onlangs deur die Regering onderteken is, sal in die Karoo geleë wees. Talle van dié projekte bevoordeel egter nie die inwoners van die Karoo regstreeks nie omdat die projekte deur buitestand­ers besit en bedryf word. Volgens dr. Stefan Cramer, wetenskapl­ike adviseur vir die omgewingsi­nstituut van Suid-Afrikaanse geloofsgem­eenskappe (Safcei), wat ’n sleutelrol gespeel het in die siviele aksie teen uraan-ontginning in die Karoo, lê die uitdaging daarin om Karoodorpe “100% hernubaar” te maak. Terselfder­tyd moet verseker word dat armes eerste baat vind by die projekte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa