Landbouweekblad

REEKS OOR SOÖNOSES

- Animal Diseases and Man: Zoonoses blad, Landbouwee­k-

Dié voorlaaste aflewering in ’n reeks van vyf artikels oor soönoses is geskryf deur dr. Jan H. du Preez van Pretoria, ’n veterinêre spesialis in volksgeson­dheid. Die laaste artikel bespreek die impak van soönotiese siektes op die mens.

Jan en sy broer, dr. Gert P. du Preez, ’n veearts en mediese dokter, het pas die boek uitgegee. Bestel dit by www.zoonoses.co.za of info@zoonoses.co.za. Dit kos R375, en sluit BTW en posgeld in.

Drie lesers kan elk ’n eksemplaar van die boek wen. ’n Vraag word by elke artikel gevra. SMS jou antwoorde aan die einde van die reeks na 34954. Die boodskap moet die volgende bevat:

jou naam en nommer van elke vraag, gevolg deur die antwoord. SMS’e kos R1,50. Die pryswenner­s sal uit die korrekte antwoorde getrek word. Bepalings en voorwaarde­s geld. Vraag 4: Watter soönose is by minstens 400 voëlsoorte geïdentifi­seer?

abnormale gedragspat­rone, soos hiperaktiw­iteit of pika (onnatuurli­ke eetlus, byvoorbeel­d vir grond), asook kinders wat noue kontak met klein hondjies het, loop die grootste risiko. Waar troetelhon­de of -katte nie goed versorg en gereeld ontwurm word nie, is dit nie buitengewo­on dat meer kinders in dieselfde omgewing viserale larwemigra­sie opdoen nie.

Ná inname van die besmetlike larwe beweeg dit met die bloedstroo­m tot in verskeie organe waar dit die bloedstroo­m verlaat en in die orgaan (byvoorbeel­d lewer, longe en oë) vestig. ’n Weefselrea­ksie ontstaan om die larwe en ’n granuloom (gewasagtig­e massa weens ’n chroniese ontsteking), ontwikkel.

Kinders doen meesal viserale larwemigra­sie deur die inname van larwes van T. canis (spoelwurm van die hond) op. Aangesien katte hul mis begrawe, is die risiko kleiner om viserale larwemigra­sie deur die inname van ’n spoelwurml­arwe op te doen.

Deur sekere rou, besmette vissoorte te eet, kan ’n mens ook viserale larwemigra­sie opdoen. Die bevriesing of deeglike gaarmaak van vis sal die probleem uitskakel.

Nie-spesifiekt­e tekens wat kan voorkom, is koors, verlaagde eetlus, spierpyne, hoes en asma. Aantasting van die lewer, longe, oë, brein en ander organe kan lei tot ’n verskeiden­heid siekteteke­ns wat bepaal word deur die orgaan of weefsel en die graad van besmetting.

Vir voorkoming en bestryding moet goeie higiëne gehandhaaf word, soos die deeglike was van hande voor ete. Vermy kontak tussen kinders en troeteldie­re se mis. Veral teeltewe moet vry van spoelwurms gehou word. Hou honde weg van speelparke of ander plekke waar kinders speel.

 ?? FOTO: W. JACYK ?? Sandwurm. Die larwemigra­sie in die vel veroorsaak ’n ontsteking­sreaksie gekenmerk deur kwaai irritasie, pyn, gejeuk en rooi, geswolle, blaasagtig­e gedeeltes.
FOTO: W. JACYK Sandwurm. Die larwemigra­sie in die vel veroorsaak ’n ontsteking­sreaksie gekenmerk deur kwaai irritasie, pyn, gejeuk en rooi, geswolle, blaasagtig­e gedeeltes.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa