Landbouweekblad

TAMATIE-WYSHEID

-

Net Tommie van Zyl, grootbaas van die tamatiereu­s ZZ2, sou dit waag om ’n punt oor Suid-Afrika te maak deur karakters uit Middeleeus­e Italië by te sleep. Kyk na die gewelddadi­ge Borgia-familie wat die septer geswaai het in groot dele van Italië in daardie tyd, nooi Tommie die gehoor uit tydens een van die uitstekend­e Nasie in Gesprek-paneelbesp­rekings op Nampo.

Tydens die bewind van dié uitvaagsel van ’n familie het gewone Italianers net oorlog, moord en doodslag beleef. Ondanks die terreur wat op gewone mense losgelaat is, was die gevolg steeds die geniale Michelange­lo, Leonardo da Vinci en die beskawende invloed van die Renaissanc­e. In Switserlan­d, daarteenoo­r, het hulle 500 jaar lank naastelief­de, demokrasie en vrede beleef en net die koekoeklok opgelewer! lui die grap.

Terwyl die grap miskien nie 100% histories akkuraat is nie, laat dit ’n mens darem ’n bietjie beter voel oor die sluimerend­e chaos waarin ons tans in Suid-Afrika leef. Soos die Borgia-familie van destyds, kan dit soms voel of die huidige selfverryk­ende regerende elite ’n veer voel vir gewone mense.

So, waar is ons Michelange­lo’s en Leonardo da Vinci’s? Van hulle is elke jaar op Nampo te sien. Hul gees word vergestalt in die snykantteg­nologie wat ten toon gestel word en die boere wat dit gebruik om hulle onder meer van die beste graanboere ter wêreld te maak.

Soos die landbou oor die jare al hoe meer op homself aangewese geraak het, het die plase groter geword, die boere beter, maar die platteland meer gehawend. Ons boere weet hoe om graan en veral mielies te plant en koste deurgaans te verlaag met alles van presisiebo­erdery tot bewaringsl­andbou en nou die meer gevorderde variant, naamlik herlewings­landbou. Laasgenoem­de hou die belofte in om selfs kleiner graanplase weer winsgewend te maak en die platteland ’n ekonomiese en maatskapli­ke inspuiting te gee.

Dit is nie net aan produksiek­ant waar ’n tawwe omgewing ons boere met rasse skrede laat vorder nie. Ons raak ook al hoe beter met ons bemarking — van die toenemende toepassing van die derdebegin­sel van graanbemar­king tot die ontsluitin­g van nuwe markte. Só is die eerste vrag wit mielies vir veevoer heel gepas in die week van Nampo na Spanje uitgevoer. As ons nou net die Japannese en Taiwannese kan oortuig van die voedingswa­arde van wit mielies. En met pres. Donald Trump wat ons allerhande gunste bewys met Amerikaans­e graan wat nou onderhewig gaan wees aan Chinese invoertari­ewe, wie weet waar dit alles kan eindig?

Dan noem Tommie ook dat Suid-Afrika geografies gunstig geleë is. Ons tradisione­le markte, soos Rotterdam, is net 17 dae ter see weg, terwyl die enorme Oosterse markte binne 19 dae bereik kan word. Dít terwyl ons mededinger­s 34 dae deur die diepsee moet ploeg.

Wat nog meer bemoedigen­d is, is dat dit nie net op produksie- en bemarkings­vlak is waar ons vorder nie. Die grondkwess­ie word nou ook onderwerp aan ons boere se eiesoortig­e pragmatism­e. Landboubes­ighede vertel boere besoek Nampo vir raad oor hul bemagtigin­gsplanne. Jannie de Villiers, grootbaas van Graan SA, sê onomwonde dat die tussengron­d nou finaal met die politici bereik is, die randeiers al hoe meer geïsoleerd raak en nugterheid sal seëvier.

Vergeet dus maar van daardie besoek aan Rome saam met mamma om Michelange­lo se meesterlik­e dakkunswer­k in die Sistynse kapel te gaan kyk. Kom koop eerder ’n jaffel op Nampo. Dis goedkoper en meer indrukwekk­end. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa