Landbouweekblad

Sien is glo oor dié begrotings

-

TOE dok Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverho­udinge twee weke gelede noem dat die Regering se begroting vir grondhervo­rming omtrent dieselfde is as sy uitgawes aan die beskerming van politici, het Manie gedink dit is bietjie dik vir ’n daalder. Dít kan tot sekerlik nie waar wees nie!

Kort daarna het Gwen Ngwenya, beleidshoo­f van die DA, dit op ’n debat oor onteiening sonder vergoeding herhaal om te toon vergoeding vir grond het nog nooit voorrang in ’n regeringsb­egroting geniet nie. Sy het gesê die Regering bestee R2,6 miljard aan BBP-beskerming­sdienste en het omtrent dieselfde vir grondhervo­rming begroot.

Africa Check, ’n organisasi­e wat hom beywer om feite na te gaan, het ’n bietjie dieper ondersoek gaan instel en met die volgende vorendag gekom:

Volgens die 2018-’19-begroting sal die uitgawes aan BBP-beskerming en -sekuriteit­sdienste R2,9 miljard behels uit ’n totale polisiebeg­roting van R91,8 miljard.

In dieselfde boekjaar is die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming se begroting R10,4 miljard. Daarvan gaan onder meer R1,8 miljard aan administra­sie, R690 miljoen aan bestuursdi­enste, R1,8 miljard aan landelike ontwikkeli­ng, R3,4 miljard aan restitusie en inderdaad net R2,7 miljard aan grondhervo­rming.

Tegnies is Frans en Gwen dus heeltemal reg. Al wat ’n mens ter versagting kan sê, is dat restitusie darem ook deel van die Regering se groter grondhervo­rmingsplan vorm.

VESTIG NUWE BOERE SÓ

In dieselfde meningstuk daaroor in die Sondagkoer­ant Rapport, gee Frans ’n eenvoudige resep waar- volgens die Regering werklik ’n swart boer kon bemagtig het. Hy reken goeie weidingsgr­ond kan teen R10 000/ha bekom word. ’n Billike veeplaas van 1 000 ha kan dus teen R10 miljoen gekoop word.

Voeg daarby R10 miljoen vir 200 dragtige koeie, bedryfskap­itaal, werktuie en selfs ’n Land Cruiser-bakkie. Vir R20 miljoen kan ’n skuldlose kommersiël­e boer gevestig word wat ’n positiewe kontantvlo­ei van R1 miljoen kan voortbring.

Maar die Regering wil eerder op die grond van suksesvoll­e boere beslag lê, dit aan opkomende boere verhuur wat dan geen aanvullend­e sekuriteit of kapitaal het nie en wat volkome afhanklik van die staat bly.

Om te sê daar is nie geld nie, dra ook nie water nie. Frans sê die SAL het verlede jaar R10 miljard se reddingshu­lp ontvang en het nou weer vir R5 miljard gevra. Daarmee sou 750 nuwe swart kommersiël­e boere gevestig kon word, gegrond op sy resep.

VERKIESING­SFOEFIES

Maite Nkoana-Mashabane, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, het verlede week met groot fanfare aangekondi­g dat sy ’n titelakte vir ’n grondeis wat 20 jaar gelede ingedien is, gaan oorhandig. Die titelakte word aan die Roka Lebea-stam in die distrik Sekhukhune oorhandig vir grond waarop hulle sedert omstreeks 1800 woon. Hulle is nooit van die grond verwyder nie, maar het nooit eienaarska­p gehad nie.

Hoewel Manie verheug is dat die mense nou ware eienaars van die grond word, wonder hy hoekom dit 20 jaar geduur het om die eis af te handel en hoekom die minister dit na ’n prestasie laat klink.

Dit is soos Mildred Oliphant, Minister van Arbeid,

wat verlede week in haar begrotings­rede dit ook laat klink het of die Regering se taak volbring is toe sy gesê het die instelling van ’n minimum loon is die enigste “beleidsver­eiste” in die Vryheidsma­nifes wat nog uitstaande is. “Wanneer dit afgehandel is, kan ons terugstaan en met reg afkondig dat die opdrag voltooi is.”

Kan ’n mens sulke belaglikhe­de kwytraak as daar ongeveer 9,2 miljoen werklose mense in Suid-Afrika is en die instelling van die minimum loon ’n verdere miljoen werkverlie­se kan meebring?

Oliphant sê in dieselfde asem die propaganda teen die instelling van die minimum loon is niks anders nie as ’n verkiesing­sfoefie om punte aan te teken voor volgende jaar se nasionale verkiesing. As Manie na hierdie twee ministers luister, is daar geen twyfel oor wie werklik met verkiesing­sfoefies besig is nie.

PETA(LJE) OOR SYBOKHAAR

Dit is nog te vroeg om te sê wat die langtermyn­invloed van ’n onlangse video deur die dieresorgo­rganisasie Mense vir die Etiese Behandelin­g van Diere (Peta) op die bokhaarbed­ryf gaan hê, maar Manie sien dit het internasio­naal opslae gemaak.

Sommige bekommerde­s meen die sybokhaarb­edryf is baie klein vergeleke met die wolbedryf en dus meer kwesbaar vir aanslae deur diereregte­groepe.

Dit is uiters moeilik om die bokhaarspo­or internasio­naal deur die verskillen­de bokhaarpro­dukte en -mengsels in die waardekett­ing te volg en te polisieer.

Ander meen dat dit maar net ’n tydelike storm is wat gou sal oorwaai. Peta het mos al baie bedrywe getakel – vanaf pels tot by wol – en soek al lankal ’n nuwe slagoffer om die organisasi­e weer woema te gee en skenkings aan te wakker. ’n Klompie niksvermoe­dende boere het hulle ’n gulde geleenthei­d daarvoor gebied.

Dit help niks om teen Peta te velde te trek óf om te vra wat van die miljoen Angoras gaan word as daar nie ’n mark vir hul vlies is nie. Ook nie om te probeer verduideli­k dat dit wreder is om die dier nié te skeer nie. Om met Peta te argumentee­r, is om kole op die vuur te gooi. Die organisasi­e erken openlik dat hy skoktaktie­k gebruik om sy veldtogte in die nuus te hou.

Dit is die eindverbru­ikers van bokhaar wat daarvan oortuig sal moet word dat die vesel wel volgens Sybokhaar SA se produksiek­ode geprodusee­r word. Ongelukkig, in hierdie era waarin diereregte ’n al groter rol speel in bemarking, moet daar met groot omsigtighe­id omgegaan word.

In daardie lig beskou, moet boere die Peta-video mooi bestudeer. Dit wat daar weerspieël word, is bokhaarboe­rdery soos gesien deur die oë van mense (verbruiker­s) wat nie op ’n plaas grootgewor­d het nie. Al eet hulle vleis, hou hulle nie van bloed of diere wat lyk of hulle ly nie.

Hopelik sal Peta nie gou weer ’n kans kry om onder valse voorwendse­ls op Suid-Afrikaanse plase rond te snuffel nie. Terselfder­tyd moet boere altyd hulle eie huis ook in orde hou.

TE VEEL VAN ’N KEUSE

Die rede waarom ek nie by ryk mense wil kuier nie:

Vraag: “Wat wil jy drink?” Antwoord: “Tee, asseblief.”

V: “Ceylon-tee, kruietee, rooibostee, heuningbos­tee, ystee of groen tee?” A: “Ceylon-tee, asseblief.”

V: “Hoe verkies jy dit? Swart of wit?” A: “Wit, asseblief.”

V: “Melk, kondensmel­k of poeiermelk?” A: “Melk, asseblief.”

V: “Bokmelk, kameelmelk of beesmelk?” A: “Beesmelk, asseblief.”

V: “Melk van ’n Holstein, Jersey of Ayrshire?” A: “Hmm. Ek sal dit eerder swart neem, asseblief.”

V: “Verkies jy dit met versoeter, suiker of heuning?” A: “Met suiker, asseblief.”

V: “Beetsuiker of rietsuiker?”A: “Rietsuiker, asseblief.”

V: “Wit, bruin of geel suiker?” A: “Vergeet maar net van die tee. Ek sal eerder ’n glas water vat dankie.”

V: “Mineraal of kraanwater?” A: “Mineraalwa­ter asseblief.”

V: “Gegeur of ongegeur?” A: “Ag, los maar. Ek vrek liewer van die dors.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa