Landbouweekblad

VAT AMERIKA SE KWOTAS VIR HOENDER AF, EIS SA BEDRYF

- — CARIEN KRUGER

AMERIKA behoort die kwota hoenderstu­kke aan die been wat hy sonder teen stortings tariewe na Suid-Afrika mag uitvoer, te verloor omdat hy sedert onlangs invoertari­ewe op Suid-Afrikaanse staal hef.

Só sê mnr. Marthinus Stander, voorsitter van die braaihoend­erorganisa­sie van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), wat pas ’n versoek in dié verband aan dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, gerig het.

’n Kwota van 65 000 ton per jaar is in 2015 in taai onderhande­linge tussen die twee lande beding toe Amerika gedreig het om Suid-Afrika uit sy wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) te skop. Agoa bied aan Afrika-ondernemin­gs verskeie tariefvoor­dele vir uitvoer na Amerika.

Suid-Afrikaanse ondernemin­gs in die staal- en motorbedry­f het tot vroeër vanjaar groot Agoa-voordele geniet.

Stander sê die plaaslike pluimveebe­dryf was destyds bereid om die opoffering oor die kwota te maak, selfs al het hy besef dit gaan hom seermaak.

“Die bedryf het dit gedoen ter wille van die groter saak, ter wille van onder meer die staal- en motorbedry­f.”

‘AMERIKA EERSTE’

Amerika het egter in Maart aangekondi­g dat hy voortaan invoertari­ewe op staal uit China en ander lande, soos Suid-Afrika, gaan hef as deel van die uitvoering van pres. Donald Trump se “Amerika eerste ”- verkiesing­s beloftes.

In wat nou as ’n handelsoor­log tussen die twee magtige lande beskryf word, het China in reaksie sy eie tariewe op ingevoerde Amerikaans­e produkte ingestel.

Stander sê volgens mediaberig­te kan die Amerikaans­e tariewe op Suid-Afrikaanse staal die plaaslike bedryf ’n groot knou toedien – dit bedreig 7 500 werkgeleen­thede en kan tot verliese van R3,4 miljard lei.

Suid-Afrika kan egter daarop reageer deur die Amerikaans­e kwota vir hoenderinv­oer op te skort omdat daar juis daarvoor voorsienin­g gemaak word in die beskrywing van die spesifieke rabat-item wat die Regering in Desember 2015 geskep het.

Stander sê dit is ’n tydelike rabat-item en daar word duidelik daarin gemeld dat dit opgeskort sal word as Suid-Afrika enige van die Agoa-voordele sou verloor wat hy toe geniet het.

VERSOEK

Stander sê vir die opskorting om in werking te tree, moet Davies mnr. Nhlanhla Nene, Minister van Finansies, skriftelik daaroor in kennis stel.

Die SAPV het dus ’n versoek aan Davies gestuur om juis dít te doen. Die vereniging vra dat die kwota met sy voordele opgeskort word vir so lank as wat Amerika invoertari­ewe op Suid-Afrikaanse staal hef.

‘Die bedryf het dit gedoen ter wille van die groter saak, ter wille van onder meer die staal- en motorbedry­f.’

 ??  ?? Mnr. Marthinus Stander
Mnr. Marthinus Stander

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa