Landbouweekblad

Boere van Noordwes skep moed ná drama oor Mahumapelo

- — JASPER RAATS

DIE verhouding tussen Agri Noordwes en die Noordwes-regering het onder die administra­sie van mnr. Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, totaal verbrokkel.

Volgens mnr. Boeta du Toit, voorsitter van Agri Noordwes, was daar geen interaksie meer tussen die boereveren­iging en die provinsial­e departemen­te van grondsake en van landbou nie.

Hoewel hy meen dit gaan lank duur om weer vertroue op te bou, sê Du Toit wisselwerk­ing tussen die georganise­erde landbou en die provinsial­e regering kan net verbeter.

Mahumapelo was met druktyd op langverlof ná’ n in termini ste departemen­te riële taakspan onder leiding van me. Nkosazana Dlamini-Zuma, Minister in die Presidensi­e belas met Beplanning, Monitering en Evaluering, aan die Kabinet terugvoeri­ng gegee het oor ’n ondersoek na beweerde korrupsie en wanbestuur in die provinsie.

Pres. Cyril Ramaphosa het die Noordwes-regering onder administra­sie van die nasionale Regering geplaas kragtens seksie 100(1) van die Grondwet, en klagtes teen Mahumapelo word ondersoek.

“Ons weet nog nie presies wat dit gaan behels nie en hoe dit amptenare in die verskillen­de staats- gaan raak nie,” sê Du Toit. Hy is egter vol hoop dat die verhouding tussen boere en die provinsial­e regering weer op ’n punt sal kom waar hulle saamwerk om ’n beter landbou-omgewing vir almal daar te stel.

“Ons het in die verlede goed saamgewerk en daar was projekte vir die ontwikkeli­ng van die landbou op goeie ekonomiese beginsels op die tafel. Onder Mahumapelo het dit egter op niks uitgeloop nie. Dalk kan ons dit weer op dreef kry.”

Du Toit waarsku egter dat sommige amptenare in die verskillen­de departemen­te en munisipali­teite lojale kaders van Mahumapelo is en dat selfs die nasionale Regering gaan sukkel om korrupsie daar hok te slaan.

“Die grootste verskil wat die nasionale Regering nou kan maak, is om korrupsie en wanadminis­trasie in ons munisipali­teite hok te slaan en hulle uit bankrotska­p te bestuur,” sê Du Toit. “Dit sal die provinsial­e ekonomie ruimte gee om te herstel en ons almal sal daarby baat vind.”

‘Ons het in die verlede goed saamgewerk.’

 ?? FOTO: FELIX DLANGAMAND­LA/ NETWERK24 ?? Mnr. Supra Mahumapelo
FOTO: FELIX DLANGAMAND­LA/ NETWERK24 Mnr. Supra Mahumapelo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa