Landbouweekblad

Nampo is die ‘plaashek na Afrika’

- ALANI JANEKE

AL hoe meer oorsese ondernemin­gs gebruik die NampoOesda­g as ’n platform om ooreenkoms­te met plaaslike belanghebb­endes te ondersoek ten einde hul teenwoordi­gheid in Afrika uit te brei en uitvoergel­eenthede te ontgin.

“Jy kan Nampo as’t ware die plaashek na Afrika noem,” sê mnr. Cobus van Coller, uittredend­e voorsitter van die Nampo-Oesdagkomi­tee.

Volgens hom is die Nampohande­lsmerk ook in ander lande bekend. Trouens, verlede jaar het ’n internasio­nale maatskappy wat bedryfsemi­nare en handelskou­e reël, die Oesdag besoek en aan Graan SA aangedui dat hy graag die Oesdag wil koop.

“Van die Italianers het al vertel dat hulle baie bewus is van die groot geleenthei­d wat jaarliks in Afrika plaasvind,” sê Van Coller.

Die Oesdag se besoekerst­al groei ook stewig, terwyl tot 30 nuwe uitstaller­s per jaar die afgelope paar jaar bygekom het. “Ons sien dat baie verbruiker­s die Oesdag kom bywoon om hulself beter in te lig oor die bedryf en hoe hul voedsel geprodusee­r word. Die Oesdag word ook al hoe gewilder onder lede van die hoofstroom­en internasio­nale media.”

KOMMUNISIE­KANAAL

Van Coller het agt jaar in die Oesdagkomi­tee gedien. Hy sê in dié tydperk het hy gesien hoe waardevol die Oesdag geword het as ’n kommunikas­iekanaal binne die landboubed­ryf. Die kommunikas­ie waarna hy verwys, is nie net ten opsigte van mediadekki­ng, skakeling met internasio­nale vennote of ondernemin­gs wat met bestaande of potensiële kliënte in verbinding kan tree nie.

“Dit het ook ’n plek geword waar boere en belanghebb­endes begin saamkom het om debatte te voer oor belangrike kwessies of om hul sorge en vreugde met mekaar te bespreek.”

Hy sê die groei wat hy in Nampo gesien het, oortuig hom ook van die waarde wat die landboubed­ryf het. “Die landbou bly een van jou beste beleggings. In lande waar daar nie ’n werkende landboubed­ryf is nie, breek daar oorloë uit.”

DIEBESTEBO­ERE

Oor sy bedanking as raadslid by Graan SA en as voorsitter van die komitee sê Van Coller dié besluit was tweeledig. “Ek loop te veel van my kinders se lewe mis en hulle is vir my baie kosbaar. Ek wil niks misloop nie.”

Tweedens wil hy hom op sy boerdery toespits, veral omdat hy een van die boere is wat voorloop met bewaringsb­oerdery. “Ek wil my volle aandag daaraan gee en foute so ver moontlik beperk, want boerdery is té riskant om groot foute te maak. Verder wil ek ook ’n goeie grondslag lê vir my kinders en húl kinders om in die toekoms te kan aanhou boer.”

Van Coller sê hy is trots op Suid-Afrika se boere, want hulle het keer op keer bewys hoekom hulle die beste ter wêreld is. “Suid-Afrika het regtig die beste boere wat in die moeilikste omstandigh­ede voedsel bekostigba­ar kan voorsien.” —

 ??  ?? Mnr. Cobus van Coller
Mnr. Cobus van Coller

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa