Boervrou wys haar vindingrykheid met windpomp-wenplan
’N DROOM wat haar laat wakker lê het omdat sy bekommerd was oor haar man, wat windpompe verstel, het tot ’n boereplan gelei. Dit is dié plan wat mev. Dirkie Jerling van Hennenman een van die kategoriewenners in Graan Suid-Afrika en Om n i as e boere plan kompetisie gemaak het.
Sy en haar man, Stan, het ’n windpomp oplossing vir vanjaar se boere plan kompetisie ingeskryf. Dit bestaan uit’ n verstelbare raamwerk wa tas’ n stut dien om ’n windpomptoring te laat sak sodat verstellings aan die kop gedoen kan word.
“My man moes ’n windpomp in Vanderbijlpark gaan aftakel en hy kon nie sy gebruiklike toerusting vir die taak saamneem nie,” sê sy. “Toe het ek voor die tyd gelê en dink aan ’n oplossing. Stan het die volgende oggend my voorstel aanvaar en so ’n hefboomstruktuur gebou.”
Landbouweekblad het onlangs as mediavennoot ingetree om met die samewerking van Omnia as borg die boere plan kompetisie te bevorder.
Chris Burgess, hoofredakteur van die tydskrif, sê hy is opgewonde om aan dié projek deel te neem, veral aangesien boereplan-artikels in Landbouweekblad soveel aansien geniet en ook as ’n jaarlikse handelsmerk uitbreiding uitgegee word.
“Daar is ’n rede hoekom die gesegde ‘ ’n Boer maak ’n plan’ so baie waarde het, want boere maak werklik praktiese planne.”
Die wenner in die afdeling vir nuwe masjinerie, werktuie en landbou toerusting is mnr. Nico Jacobsz van die plaas Midlands, Wesselsbron, met sy ontbosser.
Die wenners in die ander afdelings is mnre. Wayne Birch van Thabazimbi met sy verskuifbare wildvangboma (veranderde masjinerie, werktuie en toerusting), Chris Davel van Johannesburg met sy beveiliger teen dieseldiefstal (aangepaste gereedskap) en Bertus Goosen van Matlakeng in Botswana met sy boomsnoeier (aangepaste tuintoerusting).
—