STEEDS G’N GELD VIR RAMPE
AL voel boere van alle kleure steeds die gevolge van een van die ergste droogte sin menseheugenis, is daar steeds nie’ n begroting vir droogte verligting nie. Daar is boonop nie ’n droogtebestuursplan nie, het me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, bosbou en visserye, tydens die Parlement se debat oor die begroting vir die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gesê.
Sy het die departement gepak omdat hy steeds nie vir rampe begroot nie en omdat geld uit ander kos produksie begrotings gehaal moet word wanneer rampe die landbou tref. Boere word in hierdie moeilike tye aan hul eie lot oorgelaat.
Net toe dit begin lyk of die kwaaiste knyp van die droogte oor is, het die uitbreking van listeriose baie bedrywe – veral die varkbedryf – verlam, waar verliese van meer as R1 miljard geskat word. Die impak van hoogs aansteeklike voëlgriep word ook steeds deur die verbruiker gevoel, met die prys van eiers wat met 20% gestyg het. Steyn het gesê terwyl die groot boere en vervaardigers rampe soos dié kan oorleef, is daar bitter min beskerming vir kleinboere. “Die Regering het nie daarin geslaag om die verbruiker en werkers in die landbousektor te beskerm nie.”
HOËR OPBRENGSTE
Mnr. Senzeni Zokwana, die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in sy begrotingsrede gesê die ongebalanseerde situasie waarvolgens Suid-Afrika nie selfonderhoudend is wat koring, hoender en rooivleis betref nie, moet omgekeer word.
Die departement se begroting beloop sowat R7,2 miljard.
Zokwana het gesê 50% tot 60% van Suid-Afrika se benodigde koring word ingevoer omdat dit goedkoper is as om dit plaaslik te verbou.
Hy het gesê die Landbou navorsingsraad( L NR) het sewe nuwe graankultivars ontwikkel om opbrengste en produktiwiteit te verhoog. Hy hoop boere sal hierdie kultivars gebruik om Suid-Afrika se koringproduksie te verhoog. Sodoende sal die koste van graaninvoer verminder, het Zokwana gesê.
“Dit sal ook bekostigbaarheid bevorder en sodoende sal meer Suid-Afrikaners brood en ander koringprodukte kan eet.”
NAVORSING: VOORDELE
Zokwana het verwys na die LNR se nuwe tafeldruifkultivar Joybells as ’n bewys van die voordele van belegging in navorsing en ontwikkeling.
Dié kultivar is in Februarie op die Fruit Logistica-handelskou in Berlyn bekend gestel, waar dit goed ontvang is deur produsente én handelaars. Meer as 50 000 kartonhouers Joybells is oor Europa en Engeland heen verkoop en Suid-Afrikaanse uitvoerders brei nou hul verkope aan ander wêreldmarkte uit.
Zokwana het gesê minstens 200 ha van hierdie druif is aangeplant en dit word uitgebrei.
TRANSFORMASIE
Volgens hom sal die departement meer klem op die opleiding van boere lê, veral omdat die landbou beskou word as ’n sektor waar volhoubare arbeid die vinnigste geskep kan word.
Pres. Cyril Ramaphosa het juis gesê die landbou is een sektor wat die grootste geleenthede bied om
die ekonomie uit te brei en werk te skep.
Hy het gesê landboukolleges is die beste plekke vir praktiese, geakkrediteerde opleiding vir boere, landboutegnici en plaasbestuurders.
Deur hierdie kolleges te verhef tot nasionale bevoegdhede, soos die geval is met tegniese en beroepsonderwysen opleiding kolleges (TVET), sal help verseker dat hulle só geposisioneer word om die vaardigheid s tekorte in die landbou op omvattender wyse te takel, het Zokwana gesê.
Dié kolleges het gemiddeld 400 heeltydse studente en lei sowat 1 000 boere per jaar op.
Zokwana het ook die belangrikheid van bevoegde boere beklemtoon in die lig daarvan dat die Regering “die grond herverdeling s programme intens i fis eer en versnel om geskiedkundige ongeregtighede aan te pak”.
Mnr. Sfiso Buthelezi, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het op sy beurt gesê die departement, met die samewerking van die Water navorsings kommissie, stel ondersoek in na hoeveel grond onder besproeiing is en hoeveel water werklik vir besproeiing s landbou gebruik word.