Landbouweekblad

STAAT WIL MINDER BETAAL VIR HERVORMING­SGROND

- — JOYLENE VAN WYK

BESTAANDE grondwetli­ke bepalings sal solank gebruik word om “beperkte vergoeding” te betaal wanneer grond vir grondhervo­rming s doel eien des aangekoop word, het me. Maite NkoanaMash­abane, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, tydens haar begrotings­rede gesê.

Sy sê dié strategie sal gevolg word terwyl die grondwetli­ke hersiening s komitee die moontlikhe­id bekyk of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding te laat geskied.

Nkoana-Mashabane het ook bekend gemaak dat die departemen­t sy eie bydraes sal lewer vir hierdie beleidsvoo­rstel wat die Parlement ondersoek.

Die departemen­t was nog nie bereid om sy standpunt aan Landbouwee­kblad bekend te maak nie, want die grondwetli­ke hersiening s proses en konsultasi­e met landsburge­rs is nog onderweg.

Nkoana-Mashabane sê in die

najaag van radikale maatskapli­ke ekonomiese transforma­sie is die departemen­t vasberade om te verseker dat grondeiena­arskap vir mense ’n ekonomiese bate word.

3,5M. HA TERUGGEGEE

Volgens die minister is slegs 10,2% van die 82 miljoen hektaar landbougro­nd in Suid-Afrika sedert 1995 herverdeel.

“Dit beteken ons het nog nie daarin geslaag om die grondloosh­eid te herstel wat deur apartheid teweeggebr­ing is nie.”

Daar is tot dusver 80 664 grondeise afgehandel, waarby 2,1 miljoen begunstigd­es baat gevind het. Dit het die Regering R40 miljard

gekos. Dié bedrag sluit ook die geldelike vergoeding in wat uitbetaal is aan begunstigd­es wat verkies het om eerder ’n kontantbed­rag te aanvaar. Altesaam 3,5 miljoen hektaar grond is teruggegee.

MILJOENE VIR NASORG

As die nodige steun nie gegee word om grond tot sy volle potensiaal te ontwikkel nie, kan die waardekett­ing daarvan nie ontsluit word nie, het NkoanaMash­abane gesê.

“In hierdie boekjaar wil ons daadwerkli­k geïntegree­rde ontwikkeli­ng najaag om te verseker dat toegang tot grond breër ekonomiese byvoordele lewer.”

Sy het gesê daar is sistemiese struikelbl­okke wat versperrin­gs meebring vir die begunstigd­es van grondhervo­rming se vordering.

Om die begunstigd­es te help, sal hulle voorrang kry met die toekenning van waterregte, infrastruk­tuur sal verskaf word en die begunstigd­es se toegang tot markte sal vergemakli­k word.

Die departemen­t wil 1 151 grondeise afhandel teen ’n koste van R2 miljard. Nasorg sal ook verleen word aan plase wat teruggegee is. R700 miljoen is daarvoor begroot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa