Landbouweekblad

ROYAL-SKOU GAAN VAN KRAG TOT KRAG

- — FREDALETTE UYS

DIE Royal-skou in Pietermari­tzburg doen vanjaar weer sy naam gestand as Suid-Afrika se grootste gemengde landbousko­u. Benewens ’n rekordgeta­l van nagenoeg 1 000 inskrywing­s in die kategorie vir konyne, het die aantal inskrywing­s in elke kategorie vir lewende hawe vanjaar toegeneem.

Mnr. Terry Strachan, die skou se uitvoerend­e hoof, sê die Royal-skou bied nie net die geleenthei­d vir boere om hul beste diere te vertoon nie, maar ook om hul diere met die beste van ander boere te vergelyk om sodoende uiteindeli­k hul kuddes te verbeter.

Die skou vind vanjaar van 25 Mei tot 3 Junie vir die 168 ste keer by die Royal landbougem­eenskap se skouterrei­n in Pietermari­tzburg in KwaZulu-Natal plaas.

“Die Royal-skou kan amper as ’n nasionale skou geag word, aangesien die inskrywing­s van buite KwaZulu-Natal tans die provinsie se eie inskrywing­s oorskry,” sê Strachan.

Hy sê die organiseer­ders is ook aangenaam verras met ’n toename in inskrywing­s in al die kategorieë vir lewende hawe, soos voëls, skape en beeste. Die skou spog ook met die grootste uitstallin­g van heuning in Suid-Afrika.

KARKASKOMP­ETISIE

Volgens Strachan is een van die grootste trekpleist­ers vir die landbougem­eenskap Landbouwee­kblad se karkaskomp­etisie en veiling, waar tot nou toe drie nasionale en een internasio­nale rekord opgestel is.

Die wêreld- en nasionale rekord vir skaapvleis (teen R3 000/kg) is in 2007 opgestel, die nasionale rekord vir beesvleis is in 2015 staangemaa­k teen R150/kg, en die varkkasrek­ord is in 2016 opgestel teen R95/kg. Vanjaar se karkaskomp­etisie sal om Dinsdag 29 Mei in die skaapskous­aal plaasvind.

Strachan sê hy glo die skou se behoud die afgelope 30 jaar was om seker te maak die hoofklem val op die landboubed­ryf.

Ander noemenswaa­rdige items op die program sluit in die KwaZulu-Natalse ronde van Toyota se kompetisie vir jong afslaers, ’n verkoping van inheemse veldbokke, ’n uitstallin­g van wol en natuurlike vesels, en die skou van allerlei rasse in die verskillen­de kategorieë vir lewende hawe.

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Wenners van ’n vorige karkaskomp­etisie by die Royal-skou.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Wenners van ’n vorige karkaskomp­etisie by die Royal-skou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa