Landbouweekblad

PARTY WERKGEWERS ‘BEGIN MINIMUM LOON BETAAL’

- — JOYLENE VAN WYK

ME. MILDRED OLIPHANT, Minister van Arbeid, het aangekondi­g dat sommige werkgewers reeds begin om hul werkers se loon tot op die vlak van die verwagte minimum loon aan te pas. Dit is te midde van kommer dat die instel van ’n nasionale minimum loon nóg grootskaal­se werksverli­ese kan meebring.

Oliphant het die aankondigi­ng gemaak tydens die voorleggin­g van haar departemen­t se begroting van R3,2 miljard in die Nasionale Vergaderin­g. Suid-Afrika se eerste nasionale minimum loon van R 20 per uur is tans onderhewig aan parlementê­re prosesse en sou aanvanklik op 1 Mei inwerking getree het.

“Dit is ironies dat daar heelwat werkgewers is wat reeds hul werkers se loon aangepas het, terwyl die wetgewers besig is met skyngevegt­e oor die nasionale minimum loon. Dit is ook bemoedigen­d dat hierdie werkgewers die werkers se loon opwaarts aanpas en nie afwaarts nie, soos ander ons wil laat glo.”

Op 1 Maart het die sektorale vasstellin­g vir die landbou met 5,7% gestyg, wat neerkom op R16,25 per uur.

Die landbousek­tor het spesiale vergunning gekry om by die minimumloo­n aan te p aswanneer dit ingestel word. Dié sektor se loon sal begin by 90% van die verpligte R 20 per uur, wat neerkom o pR 18 per uur( R 3150 per maand) wat oor twee jaar ingefaseer moet word.

DEPARTEMEN­T ‘MISLUK’

Daar is reeds 9,2 miljoen werklose mense in Suid-Afrika en die instelling van die minimum loon kan’ n verdere miljoen werksverli­es e meebring, het mnr. Michael Bagraim, die DA se skaduminis- ter van arbeid, gesê.

Volgens hom bestuur Oliphant ’n mislukte departemen­t en sit sy met haar duime en speel terwyl Suid-Afrika brand.

“Weens die Regerings eonvermoë omwerk te skepen aangesien die arbeid s regulerend­e gesag die handrem ten opsigte van indiensnem­ing opgetrek het, het misdaad en armoede toegeneem.”

Hy het gesê die Kommissie vir Versoening, Bemiddelin­g en Arbitrasie (KVBA) is die enigste deel van die departemen­t wat nog reg funksionee­r, maar sy begroting bly dieselfde. “Tog wil die ANC-regering by die werk smag spog oor die minimumloo­n wat hy gaan instel. Dit sal die werklading van die KVBA met meer as 30% verhoog.”

Die kommissari­s van die KVBA het al gesê met’ n verhoging in werklading sal hy nie die begroting hê om die nasionale minimum loon in werking te stelnie.

 ?? FOTO: JOYLENE VAN WYK ?? Pres. Cyril Ramaphosa en me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, by verlede jaar se afkondigin­g van die nasionale minimum loon.
FOTO: JOYLENE VAN WYK Pres. Cyril Ramaphosa en me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, by verlede jaar se afkondigin­g van die nasionale minimum loon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa