Landbouweekblad

STAAT SE SLOERDERY KAN RAMPROJEK KELDER

- — FREDALETTE UYS

DIE wolbedryf is bekommerd oor die betrokkenh­eid van die staat by die genetiese verbeterin­gs projek( ram projek) en die wol ontwikkeli­ngsprogram, aangesien die finansieri­ng van die program in die weegskaal is.

Volgens mnr. Leon de Beer, hoofbestuu­rder van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV), wag die NWKV steeds op terugvoeri­ng van die Tesourie oor sy aansoek om die verlenging van die ramprojek en dus die meegaande finansieri­ng wat daarmee verband hou.

“Dit is ’n baie suksesvoll­e projek en ons kan nie verstaan waarom die staat so sukkel om te besluit of ons moet voortgaan of nie. En dít terwyl ons reeds in Desember 2015 ’n aansoek ingedien het om die projek te verleng,” sê De Beer.

As deel van die projek versprei die NWKV jaarliks ongeveer 3 000 goeie wolramme as teelmateri­aal in die kommunale gebiede in die Oos-Kaap. Die doel daarvan is om die wolskaapku­ddes te verbeter sodat wolproduks­ie en -gehalte kan toeneem. Die staat dra jaarliks nagenoeg R10 miljoen tot die projek by.

TYD KRITIEK MIN

De Beer sê die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming is die enigste party wat die Tesourie kan oorreed dat die NWKV ál diensversk­affer is met die nodige dienste om die projek te ondersteun. Die NWKV wag egter steeds op terugvoer van dié departemen­t oor die kwessie.

Hy sê dit is ’n deurlopend­e projek wat nie vir ’n jaar of meer gestaak kan word nie, aangesien daar spesifieke ramme vir die projek geteel word.

Weens die gesloer kon nog geen ramme vanjaar versprei word nie. De Beer sê die NWKV kan nie tot later as einde Mei wag om ramme te versprei nie, aangesien die ramme voor die winter reeds by die boere moet wees as deel van hul produksies­kedule.

SUKSESVOL

Die ramprojek is een van Suid-Afrika se suksesvols­te transforma­sie projekte. Wolproduse­rende gemeenskap­pe in die kommunale gebiede van die Oos-Kaap, soos die Transkei en Ciskei, het verlede jaar ’n totaal van R300 miljoen verdien – alles te danke aan wolverkope. Danksy hierdie projek kan die nagenoeg 27 000 boere in die kommunale gebiede onder meer op internasio­nale markte met wolboere van Australië meeding.

Die NWKV het sedert 2002 meer as 45 000 ramme met goeie gene aan die kommunale boere beskikbaar gestel. Daardeur het wol uit dié streke wat deur die formele mark bemark is van 223 000 kg in 2002 tot 5,8 miljoen kg verlede jaar gestyg.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Die uurglas loop leeg vir die voortsetti­ng van die Nasionale Wolkwekers­vereniging se ramprojek om teelmateri­aal van kommunale boere se skape te verbeter.
FOTO: FREDALETTE UYS Die uurglas loop leeg vir die voortsetti­ng van die Nasionale Wolkwekers­vereniging se ramprojek om teelmateri­aal van kommunale boere se skape te verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa