Landbouweekblad

ASTRAL HERBELÊ WINS IN SY BEDRYWIGHE­DE

- — CARIEN KRUGER

DIE pluimvee produsent Astral beplan R1,3 miljard se kapitaalpr­ojekte vir die volgende twee tot drie jaar.

Dié besteding behels onder meer ’n nuwe voeraanleg in Afrika, outomatise­ring vir die kitskosbed­ryf, asook algemene uitbreidin­g om meer hoenders te kan verwerk.

Die maatskappy het pas uitsonderl­ike halfjaar resultate bekendgema­ak, waarvolgen­s sy bedryfswin­s in die ses maande tot 31 Maart met 393% gestyg het.

Die meeste van sy wins is in kontant omskep, wat Astral nou ’n gulde geleenthei­d bied om te herbelê, het mnr. Chris Schutte, uitvoerend­e hoof, by die aankondigi­ng van die resultate gesê.

“Ons sit nie op ons kontant nie, ons betaal belasting en dividende, en ons brei uit. Ons bestee byna al ons wins terug in die Suid-Afrikaanse fiskus.

“As die Regering ons toelaat om te groei, sal ons groei, en geld belê,” het hy gesê met verwysing na gesprekke tussen die bedryf en die Regering om die bedryf teen goedkoop invoer te beskerm.

UITBREIDIN­G IN FASES

Schutte het gesê die uitbreidin­g van Astral se verwerking­svermoë sal in fases geskied sodat hy nie skielik ’n klomp bykomende hoender in die mark stoot nie.

Sy Festive-aanleg in Gauteng gaan vergroot word om 400 000 meer hoenders per week te kan slag en 250 meer mense in diens te neem. ’n Verdere 280 werkgeleen­thede sal geskep word by die Mountain Valley-aanleg in KwaZulu-Natal deur twee skofte pleks van die huidige een te hê.

In die noordelike deel van Suid-Afrika sal bestaande boere wat hoenders op kontrak vir Astral grootmaak, na verwagting hul bedrywighe­de kan uitbrei, en in KwaZulu-Natal sal nuwe boere na verwagting nodig wees.

Nog ’n kapitaalpr­ojek wat Astral beoog, is om op versoek van een kitskos-hoender restaurant groep ondermeer R 30 miljoen in outomatise­ring te belê.

Astral beplan ook ’n nuwe voeraanleg in Zambië, wat volgens mnr. Daan Ferreira, finansiële hoof, in die behoefte aan naspeurbaa­rheid sal voorsien. Dit sal sowat 20 000 ton voer per maand by die huidige 5 000 ton per maand voeg. Die voer sal hoofsaakli­k vir kliënte van buite wees.

MEDEDINGIN­G

Onder die redes vir die goeie resultate is dat die vergelyken­de tydperk se wins laag was, laer voerkoste, dat daar nie voorvalle van voël griep was nie en beter voer omsettings verhouding­s danksy ’n nuwe voerprogra­m op sy plase.

Wat vooruitsig­te betref, is daar volgens Ferreira in die algemeen nou beter sakevertro­ue en moontlikhe­de vir buitelands­e belegging danksy pres. Cyril Ramaphosa se aanstellin­g.

Hy verwag egter strawwe mededingin­g van ander produsente wat produksie uitgebrei het, dat groot hoeveelhed­e hoender steeds ingevoer gaan word, veral uit Amerika en Brasilië, en dat voëlgriep in die winter ’n probleem kan wees.

 ?? FOTO: ASTRAL ?? Mnr. Chris Schutte.
FOTO: ASTRAL Mnr. Chris Schutte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa