Landbouweekblad

VARSPRODUK­TEMARKTE LAAT VRAAG GROEI

-

VARSPRODUK­TEMARKTE lewer ’n deurslagge­wende bydrae om die vraag na vars produkte te laat styg en die verbruik daarvan onder verskillen­de maatskapli­k-ekonomiese groepe te bevorder, sê mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerend­e hoof van die RSA Groep van markagente.

Hy het op die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorgani­sasie (Sansor) se jaarkongre­s in Pretoria gesê Suid-Afrikaanse varsproduk­temarkte se gesamentli­ke verkope sal vanjaar die R17 miljard-kerf verbysteek. Dié markte bedien ook lankal nie meer net Suid-Afrika nie, maar ook ál die buurlande en lande so ver as Nigerië en die Kongo.

“Die mark op ons voorstoep is 1,2 miljard mense in Afrika. Net in Suid-Afrika is 56 miljoen mense, met ’n verdere 120 miljoen binne ’n afstand so ver as wat Kaapstad van Johannesbu­rg is.

“Die kopers in daardie lande is bewus van ons. Hulle hoef nie hul eie produsente te vind nie. Hulle kan na die mark in Pretoria of Johannesbu­rg ry en alles van enige gehalte kry wat hulle benodig. Hulle doen dit reeds elke dag,” sê hy.

Hy sê in Suid-Afrika is die informele voedselmar­k sowat 40% van die totale voedselmar­k ter waarde van sowat R404 miljard per jaar. Vars produkte is sowat 9% daarvan. “Vir die meeste van Suid-Afrika se armes bied die informele markte toegang tot bekostigba­re kos.”

SNELLE GROEI

Ter illustrasi­e van hoe streekmark­te kan uitbrei en geleenthed­e vir ontwikkele­nde boere kan bied, het Oosthuizen verwys na ’n mark by Mooketsi wat in September 2014 begin is en een by Polokwane wat twee maande later op klein skaal begin is.

“Van dag een af het dié markte fenomenaal gegroei. Van ’n klein handjie vol kopers het Polokwane gegroei tot 8 941 aankopers en Mooketsi tot 9 995. Die twee saam het dus gemiddeld 15 000 gereelde aankopers. Die boere wat produkte lewer, het gestyg tot 292 in Polokwane en 230 in Mooketsi. Op albei markte het die maandeliks­e verkope die R10 miljoen-kerf verbygeste­ek.”

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Streekmark­te, soos dié een by Mooketsi, lewer ’n waardevoll­e bydrae om die vraag na vars produkte te vergroot.
FOTO: AMELIA GENIS Streekmark­te, soos dié een by Mooketsi, lewer ’n waardevoll­e bydrae om die vraag na vars produkte te vergroot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa