Landbouweekblad

UITVOER VAN LEWENDE DIERE TER SEE ‘ONAANVAARB­AAR’

-

DIE rooivleisb­edryf se komitee wat na die versorging van lewende hawe omsien, meen dat lewende diere nie meer vir slagdoelei­ndes ter see uitgevoer mag word nie en dat ’n formele verbod op dié praktyk ingestel moet word. Sommige handelaars voer soms lewende vee uit met die doel om die diere by ’n oorsese bestemming te laat slag. Volgens die komitee is dié praktyk geneig om onnodige en onvermydel­ike lyding van diere te veroorsaak.

Die komitee sê in ’n persverkla­ring daar is geen rasionele of aanvaarbar­e rede om vee oor lang afstande en vir lang tye in oorvol toestande met baie risiko’s te vervoer nie. Volgens die komitee sal Suid-Afrika se internasio­nale aansien daarby baat vind as hy ’n beginselva­ste posisie jeens dié “onmenslike en onaanvaarb­are” praktyk inneem.

Die gehalte van die vleis sal volgens die komitee ook deur dié praktyk geraak word. “Daar is geen rede waarom lewende diere nie volgens die voorgeskre­we reëls in SuidAfrika by ’n uitvoer-abattoir geslag kan word en die vleis dan in verkoelde vorm oorsee gestuur word nie,” lui die verklaring.

“Op dié manier word werkgeleen­thede in Suid-Afrika geskep en voedselsek­erheid bevorder.”

Van die basiese beginsels van dieresorg waaraan boere en abattoirs moet voldoen, sluit in gemak en skuiling, toegang tot vars water en ’n gesonde voerrantso­en, die teenwoordi­gheid van ander diere van dieselfde soort, die geleenthei­d om natuurlik op te tree, die voorkoming of vinnige behandelin­g van siektes en gepaste hantering.

Talle abattoir-eienaars, veral dié wat verkoelde en bevrore vleis uitvoer, besef die ekonomiese belangrikh­eid van diereregte. Hulle voldoen reeds aan die streng standaarde wat deur bedryfsorg­anisasies, invoerders en die Regering gestel word ten opsigte van dieresorg en die behandelin­g van diere voor hulle geslag word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa