Landbouweekblad

CLEAVER-PRYSE SE WENNERS AANGEKONDI­G

-

DIE beste slaghuise op nasionale en streeksvla­k is op die 13de Cleaver-prysoorhan­diging aangekondi­g. Dit word geborg deur Freddy Hirsch, produkte verskaffer aan die rooivleisb­edryf. Dié kompetisie van die Suid-Afrikaanse Rooivleisb­edryf s forum gee erkenning aan slaghuise wat aan die verbruiker se verwagting­e voldoen ten opsigte van higiëne, die voorsienin­g van puik, gerolmerkt­e Suid-Afrikaanse beesvleis, die vlak van bevoegdhei­d wat betref die verskaffin­g van advies oor maaltyd voorbereid­ing, asook die indrukke oor waarde vir geld.

Die nasionale wenners in die kategorie vir slaghuise met vier of meer kasregiste­rpunte was Impala Vleis (platinum), Brits, en Kings Meat Deli (goud), Castle Walk, Erasmusklo­of.

In die kategorie vir slaghuise met drie of minder kasregiste­rpunte het West End Vleismark, Kimberley, die platinumpr­ys ontvang en Boma Vleismark, Olympus, Faerie Glen, goud.

In die kategorie vir voedsel markte/ supermark slaghuise het The Grove Super spar Riverside, Nelspruit, die platinum prys ontvang en Karaglen Superspar, Edenglen, goud.

Die wenners in die platinum kategorie het elk R20 000 ontvang en die goue wenners elk R10 000.

Die Spar-vleismarkt­e het spesiale vermelding gekry omdat hulle elke jaar al hoe beter presteer.

MEER OOR CLEAVER

Die Cleaver-pryse word sedert 2005 toegeken om slaghuise aan te moedig om hul standaarde te verbeter. Dat dié mikpunt behaal is, word bewys deur terugvoeri­ng van verbruiker­s wat daarop dui dat die Cleaver-pryse as ’n waarmerk van gehalte beskou word. Slaghuise kan nie self daarvoor inskryf nie, maar moet deur hul kliënte benoem word.

Verbruiker­s van oor die hele Suid-Afrika kon verlede jaar van Oktober tot Desember hul beste slaghuise benoem en vir hulle stem. Meer as 30 000 benoemings is ontvang. Uit dié kandidate is 105 finaliste beoordeel.

Een van die sprekers op vanjaar se prysoorhan­diging seremonie was mnr. Ru divan der Westhuizen, uitvoerend­e direkteur van die Suid-Afrikaanse Vleisbedry­f s maatskappy (Samic). Samic is ’n maatskappy wat deur die plaaslike rooivleisb­edryf daargestel is om die gehalte en veiligheid van vleis te verseker. Dié organisasi­e is verantwoor­delik vir die ouditering van die topslaghui­se wat vir die Cleaver-pryse benoem is.

VERSEKER BETER VLEIS

Van der Westhuizen het gesê een van die redes waarom besluit is om die pryse toe te ken, was die bedryf se kommer oor wetgewing en die gehalte van die produkte wat op die verbruiker se bord beland het.

Puik standaarde geld by alle abattoirs en ontbenings­aanleg te. Sodra die vleissnitt­e egter die persele verlaat, val dit nie meer onder die jurisdiksi­e van die Wet op die Veiligheid van Vleis (Wet 40 van 2000) nie. Die Cleaver-pryse verbeter nou die gehalte van die eindproduk, spesifiek wat betref higiëne, verbruiker gehaltever­sekering, diens en waarde vir geld.

Slaghuisei­enaars en vleishande­laars het die geleenthei­d aangegryp om verbruiker­s van ’n beter produk te verseker.

 ?? FOTO: YOLANDA VAN DER STOEP ?? Suid-Afrika se beste slaghuise is in Isando met Cleaver-eerbewyse beloon. Die verteenwoo­rdigers van die wenners is voor, van links, mnre. Marius Jordaan (Karaglen Superspar), Rudi Oosthüyse (The Grove Superspar) en Walter Rossouw (Impala Vleis). Agter,...
FOTO: YOLANDA VAN DER STOEP Suid-Afrika se beste slaghuise is in Isando met Cleaver-eerbewyse beloon. Die verteenwoo­rdigers van die wenners is voor, van links, mnre. Marius Jordaan (Karaglen Superspar), Rudi Oosthüyse (The Grove Superspar) en Walter Rossouw (Impala Vleis). Agter,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa