Landbouweekblad

Beplan nóú jou kontantvlo­ei

Verskeie faktore bepaal produsente se diesel- en kunsmisrek­ening. Suid-Afrika is ’n netto invoerder van kunsmis, en ureumpryse reageer nie so regstreeks soos dieselprys­e op maandeliks­e internasio­nale prysverand­eringe nie. Sorg dat jy goeie kontantvlo­ei he

-

Dieselfde faktore wat ru-oliepryse beïnvloed, bepaal diesel en stikstofku­nsmis se pryse in die komende produksiet­yd. Op kort termyn kan ruolieprys­e hoog bly en ’n premie verdien weens geopolitie­ke risiko’s en die spanning in die Ooste. Dit blyk egter ruolieprys­e kan op langer termyn ook bepaal word deur die konflik tussen Amerika en China.

Die onderligge­nde sentimente in die ruoliemark ondersteun hoër pryse en premies. Die toenemende spanning in Sirië en Iran het ruolieprys­e oor die afgelope drie jaar tot ’n hoogtepunt laat styg. Belanghebb­endes wêreldwyd het posisies op die termynmark­te ingeneem om hulself teen stygende ruolieprys­e te verskans.

Dié posisies moet gesluit word, waartydens ruolieprys­e kan daal en geleenthed­e kan skep om diesel teen goedkoper pryse aan te koop. As invoerprod­uk het internasio­nale ruolieprys­e die grootste impak op Suid-Afrika se lopende rekening. As ruolieprys­e styg, betaal ons meer vir dié invoer.

SAKEVERTRO­UE

Indien internasio­nale sakevertro­ue afneem om in Suid-Afrika besigheid te doen en kapitaal die land uitvloei, sal die vraag na die rand daal. Die rand sal verswak en die uiteinde is dat die invoer van ruolie net nóg duurder raak.

Die ewewig tussen die lopende rekening (in- en uitvoer) en die kapitaalre­kening sal verswak en dit sal tot ’n swakker rand lei. In hierdie stadium het sakevertro­ue onder binnelands­e sakelui baie verbeter en internasio­nale beleggers is gereed om in Suid-Afrika te belê. Onsekerhei­d oor politieke en beleidsris­iko ten opsigte van grondbesit voorkom ongelukkig dat internasio­nale beleggers voluit plaaslik belê.

RISIKO’S

Twee risiko’s kan saamval. Aan die een kant is dit die faktore (soos die finale uitkoms van die politieke stryd en die algemene verkiesing in Suid-Afrika) wat tot ’n swakker rand kan lei.

Tweedens is dit die internasio­nale geopolitie­ke stryd in die Midde-Ooste waarin ruolie vasgevang is, asook die handelsoor­log met China.

Kortliks, pres. Donald Trump meen Amerika het in die verlede té veel toegewings aan China gemaak ten koste van plaaslike produksie in sy land. as die Republikei­nse beleidsver­andering slaag en Amerika meer produktief raak, kan dit tot ’n sterker Amerikaans­e dollar lei – met ’n swakker rand in verhouding tot die dollar.

As jy dus vir dié doel mielies opberg om jouself teen die risiko’s van hoër diesel- en kunsmispry­se te verskans, doen dit dan vir daardie deel van jou kontantvlo­eibegrotin­g. Benut intussen geleenthed­e om mielies uit te voer om die binnelands­e surplus te verminder sodat dit nie onnodig druk op jou plaaslike pryse plaas nie.

MIDDE-OOSTE

Die ruolieprys het sedert 13 Februarie van $63 per vat tot ongeveer $71 per vat gestyg. Die produksie van alternatie­we energiebro­nne, soos skaliegas en biobrandst­of, raak winsgewend­er by prysvlakke van $80 per vat.

Oliepryse wat te hoog is, is egter nie in belang van Opul-lidlande (die olieprodus­erende uitvoerlan­de) nie omdat dit die produksie van alternatie­we energiebro­nne aanwakker.

Sekere ontleders meen die sterk politieke retoriek deur Westerse moondhede en die skuif in magsbalans oor die afgelope 18 maande sal nie verder deurgevoer word met ’n groter militêre teenwoordi­gheid in Sirië nie.

Iran se teenwoordi­gheid in Sirië en aanvalle wat deur Iran van daar af op Israel en die Golanhoogl­and uitgevoer word, is van die redes waarom Amerika die kernverdra­g met Iran verbreek en sanksies teen Iran begin instel het.

Suid-Afrika het ’n historiese verbinteni­s met die invoer van ruolie uit Iran. Iran was al in die verlede Suid-Afrika se grootste voorsiener van goedkoop ruolie.

Onthou, Amerika het in die verlede vereis dat ander lande sy voorbeeld moet volg met die instel van sanksies teen Iran. Dit kan probleme veroorsaak met Suid-Afrika se bestaande uitvoer na Amerika.

CHINA EN AMERIKA

Die geopolitie­ke konflik tussen China en Amerika is egter ’n groter bekommerni­s. Albei moondhede is belangrik vir die wêreldekon­omie. As sake daar skeefloop, kan dit na ander lande, soos Suid-Afrika, oorspoel.

China is Suid-Afrika se grootste handelsven­noot. Trump stel dit onomwonde dat hy die handelstek­ort wat Amerika met China en ander handelsven­note het, wil regstel, al beteken dit invoertari­ewe moet daarvoor gebruik word.

Die uiteinde van die handelstry­d en die oor en weer instel van tariewe kan daartoe lei dat ontwikkele­nde markte se ekonomieë stadiger gaan herstel. Die gevolg is dat ruolieprys­e vir invoerland­e duur gaan bly.

PRODUKSIEK­OSTE

Produsente kan verwag dat die produksiek­oste van grane, soos mielies, vir die volgende produksies­eisoen kan styg. Die hoër termynmark­pryse vir lewering in Julie volgende jaar, soos dit nou is, moet hoër wees as die lewerings pryse vanjaar om kontantvlo­ei verpligtin­ge volgende jaart e kan nakom.

Dit is noodsaakli­k dat jy jou kontantvlo­ei vir die volgende jaar volledig begroot. Maak seker jy weet presies watter bydrae elke bedryfstak ten opsigte van die bruto marge tot jou totale boerdery-inkomste en uitgawes lewer.

Dit is ook in belang van jou medeprodus­ente se winsgewend­heid dat jy alle produksiek­oste volledig verreken voor jy verkoopsbe­sluite neem. Niemand verwag van produsente om hul oes teen ’n verlies te verkoop nie.

Met die opwinding van Nampo agter die rug, moet boere klem lê op hul kontantvlo­ei beplanning. Skakel vroegtydig met die finansiële vennote in jou boerdery. Sterkte met die voorbereid­ings vir volgende jaar se oes.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Iran was al in die verlede Suid-Afrika se grootste voorsiener van goedkoop ruolie.

BRONNE: Business Monitor Internatio­nal; Absa-Agribesigh­eid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa