Landbouweekblad

Wink ’n herskikkin­g van die vleismark?

Die skerp daling in die prys van varkvleis ná die listeriose-uitbreking knou boere tans. Op langer termyn kan dit egter voordele vir die varkbedryf inhou as hy verbruiker­s kan oortuig om aan te hou vars varkvleis eet wanneer die situasie terugkeer na norm

-

Die skerp daling in varkvleisp­ryse in Maart ná die listeriose­krisis, wat die verkope van verwerkte vleis skerp laat daal het, val saam met ’n aansienlik­e daling in die aantal beeste en skape wat geslag word. Dit is vanweë kuddebou wat nou op dreef kom.

Daar is ’n aansienlik­e afname in die aanbod van bees- en skaapvleis gemeet teenoor einde verlede jaar. Daarteenoo­r sit die varkboere met ’n oorskot varke nadat die vraag na verwerkte vleis skerp gedaal het. Die prys aan varkvleisb­oere het met sowat 30% gedaal. Laer pryse op die winkelrak begin ook nou gesien word en verskeie supermarkt­e het promosies aan die gang.

Die produksie van die plaaslike braaihoend­erbedryf wat vars hoendervle­is verskaf, veral vir wegneemete-restaurant­e, het ook gestagneer en hulle het hul vermoë verminder namate hulle moet meeding met sowat 46 000 ton hoendervle­is wat maandeliks ingevoer word. Sowat 18 maande of langer is nodig om produksie uit te brei.

Heelwat van die varkvleis wat gewoonlik vir verwerkte produkte gebruik sou word, word tans na die vars mark verskuif. Daar skep dit nuwe mededingin­g en begin dit weens die lae prys markaandee­l wegneem van bees- en skaapvleis – en selfs hoender- vleis. Die bees-, skaap- en braaihoend­erbedryf het tans nie juis bykomende voorraad om meer vleis aan die mark te voorsien nie. Gegewe hierdie situasie is die verwagting dat varkvleis met die regte bemarking en promosies ’n groter en groeiende markaandee­l gaan verkry.

In die volgende jaar of wat kan ’n veranderin­g in markaandee­l in die vleisbedry­f as geheel plaasvind. Dit is sonder om die aanbod van wildsvleis in ag te neem.

EKONOMIESE GROEIFASE EN VRAAG

In die verlede is rooivleisp­ryse deur veral twee aspekte bepaal. Die eerste is droogtes, wat die aanbod verander (meer diere word geslag, gevolg deur ’n kuddeboufa­se waartydens boere diere terughou). Die tweede is die ekonomiese groeisiklu­s, wat vraag verander.

Die afgelope agt jaar is gekenmerk deur ’n daalfase in ekonomiese groei (die Reserweban­k se leidende ekonomiese aanwyser). Dit het saamgeval met droogtejar­e in die meeste veeweiding­sgebiede, waar kuddes heeltyd verminder is.

GRAFIEK 1 toon die verloop van die beesvleisp­rys (klas A) en lamsvleisp­ryse, asook die Reserweban­k se leidende ekonomiese aanwyser. Die leidende ekonomiese aanwyser gee omtrent ses tot nege maande vooruit ’n aanduiding van die ekonomiese bedry- wighede in die land en het in die verlede ’n groot korrelasie met beesvleisp­ryse getoon. Hierdie keer was dit nie anders nie.

Die ekonomie was deurlopend in ’n daalfase tydens oudpres. Jacob Zuma se bewind. ’n Mens sou verwag het dat vleispryse onder druk sou kom gegewe dat daar ook ’n droogtesik­lus was en aansienlik meer beeste en skape as normaalweg as slagvee verkoop is. Tog het pryse gehou.

Die opswaai in die aanwyser het saamgeval met die begin van die reën en beter weidings verlede jaar. Die sprong in pryse is duidelik namate die ekonomiese siklus begin draai het toe mnr. Cyril Ramaphosa na vore begin tree het.

Afgesien van die Noord- en Wes-Kaap het die grootste deel van Suid-Afrika tans taamlik voldoende weidings. Voerpryse is ook taamlik laag, wat alles daartoe bydra dat die veebedryf in ’n kuddeboufa­se is en die aanbod van slagvee laag is. Die verwagting is dat die kuddeboufa­se by veral beeste ’n hele paar jaar gaan duur.

Indien Ramaphosa dit regkry om die Regering te suiwer van korrupte ANC-kaders, behoort die ekonomiese groeifase ’n paar jaar te duur. Beter groei sal die vraag na vleis laat styg. Veral die vermoëns van die beesvleise­n braaihoend­erbedryf gaan beperk wees.

Die varkbedryf was in ’n groeifase tot listeriose die handrem tydelik opgetrek het, en daar is verskeie nuwe sogeenhede van 5 000 elk wat volgens berigte besig is om in produksie te kom.

Daar kan verwag word dat die gewone aanbod van bees- en skaapvleis ná drie tot vyf jaar van ekonomiese groei en kuddebou na die mark sal terugkeer (in ’n ekonomiese groeifase). Dit sal help dat die mark die groter aanbod kan absorbeer en dat die pryse nie behoort te daal nie.

MINDER DIERE GESLAG, MARKVERSKU­IWINGS

GRAFIEK 2 toon die slagsyfers vir beeste, skape en varke die afgelope paar maande. Die afname by beeste en skape sedert die begin

van die jaar is duidelik te sien. Volgens die administra­teurs van die rooivleish­effing het die aantal beeste wat geslag is, gedaal vanaf bykans 280 000 verlede Desember tot slegs 204 000 in Maart.

Die aantal skape wat geslag is, het gedaal vanaf sowat 563 000 in Desember tot 371 000 in Maart.

Varkslagsy­fers bly taamlik konstant (sowat 235 000 diere), want as ’n speenvark slaggereed is, moet hy gaan. Daar was ’n insinking in Februarie vanweë die histerie oor listeriose en slaggeriew­e in Polokwane wat gesluit is. Die syfers het in Maart in ’n mate herstel en ’n mens kan verwag dat dit in April en Mei effens hoër as gewoonlik sal wees namate die groot speenvarke geslag word en die vleis teen ’n taamlike diskonto na die vars mark gaan.

Baie varkprodus­ente se pryse het skerp gedaal vanaf sowat R30/kg tot R18-22/kg, wat in heelwat gevalle onder die gelykspeel­punt is. Boere het boonop opgehoopte voorraad wat nou op die mark geplaas word. Gelukkig is die Suid-Afrikaanse Varkvleis produsente-organisasi­e ens y lede baie goed georganise­erde n gestruktur­eerd. Hulle is tans besig met groot bemarking s-en promosie veldtogte vir vars varkvleis en die aanduiding­s is dat die volumes varkvleis in die kleinhande­l aansienlik begin styg.

Soos vroeër genoem, vermoed ek dat varkvleis in die volgende paar jaar aansienlik­e markaandee­l gaan wen, na gelang van hoe vinnig die produsente­prys herstel.

GRAFIEK 3 toon die huidige produsente­pryse van klas A-beesvleis, lamsvleis en varkvleis van goeie gehalte. Die grafiek toon ook die verbruik per kop van dié soorte vleis in 2016, volgens syfers van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Terwyl die verbruik per kop van beesen skaapvleis min gestyg het, het dié van hoendervle­is vinnig gegroei. Die verbruik van varkvleis het ook gestyg, maar die verbruik per kop in Suid-Afrika is baie laag. In baie ander ontwikkele­nde lande is vark- en hoendervle­is die oorheersen­de vleissoort­e en is die verbruik per kop daarvan soortgelyk.

Wat kan ’n mens in die volgende jaar of wat verwag? Daar is baie ruimte vir groei in varkvleis verbruik. Di tis tans op produsente­vlak die goedkoopst­e vleis per karkasgewi­g, maar dié bedryf doen baie moeite om verbruik in die kleinhande­l te bevorder.

Ek reken die bedryf gaan herstel en dat hy ’n sterk groei in die vraag na sy produk gaan ervaar. Pryse gaan egter nie so gou herstel nie. Skynbaar is doeltreffe­nde varkboere se gelykspeel­prys sowat R22/kg. Hulle sal oorleef en is in werklikhei­d besig om uit te brei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa