Landbouweekblad

MILLENNIËR­S WIL HEEL ANDER KOS HÊ

- — CARIEN KRUGER

Millenniër­s wil wéét waar hul kos vandaan kom. Dié groep mense van 18 tot 34 jaar oud wil weet dat hul kos veilig en naspeurbaa­r is, en wat die omgewings invloed van die produksie daarvan was. Blok ketting tegnologie gaan in dié opsig ’n belangrike rol speel.

Dit gaan nie vir millenniër­s oor byvoorbeel­d net die gebruik van plaagdoder­s met produksie nie, maar ook die maatskapli­ke omgewing waarbinne die kos geprodusee­r is.

Volhoubare produksie is dus vir hulle belangrik, ook dat kos nie vermors moet word nie, het me. Renee Marais, besturende direkteur van globale korporatie­we kliënte by Rabobank, op ’n konferensi­e van Agri SA se kommoditei­ts- en korporatie­we kamers in Pretoria gesê.

Sy het gepraat oor belangrike voedselnei­gings wat produsente kan raak.

Hoewel haar aanbieding oor neigings in Europa en Noord-Amerika gegaan het, waar die sowat 180 miljoen millenniër­s die ouderdomsg­roep met die grootste bestedings­mag is, het Renee gesê van die neigings kan ook na Afrika en Suid-Afrika oorspoel. Verder word baie Suid-Afrikaanse landboupro­dukte na Europa uitgevoer.

Sowat 30% van die millenniër­s na wie sy verwys het, eet organies teenoor 21% van Generasie X en 15% van baby boomers (mense gebore in 1940’s tot nagenoeg 1964).

Organiese kos word as gesond en volhoubaar­der beskou en in Europa, waar boere staatsteun kry om organies te boer, groei dié mark met dubbelsyfe­rs. In Amerika het organiese voedselver­kope van 1997 tot 2015 twaalfvoud­ig toegeneem. Die saamgestel­de jaarlikse groeikoers van die organiese mark was 14,8% teenoor die algemene groei van 4% van alle voedsel kategorieë. Renee het gesê veganisme groei ook sterk. Millenniër­s verkies outentieke handelsmer­ke en handgemaak­te produkte met goeie bestanddel­e. In Amerika verloor die meeste groot handelsmer­ke – buiten botter, wat groot groei toon – miljarde rande se markaandee­l teenoor kleiner handelsmer­ke, veral ten opsigte van verwerkte voedselpro­dukte.

Boetiekbie­r is ’n goeie voorbeeld: In 2001 was dit 5% van die biermark in Amerika. Van 2010 tot 2016 het dit verdriedub­bel tot 14%.

“Klein is sexy” vir millenniër­s en hulle wantrou “big food” toenemend, sê Renee.

Al hoe meer mense koop hul kos aanlyn, wat deel is van die gerieflikh­eid s vereiste wat belangrike­r word. Terwyl mense wegbeweeg van verwerkte voedsel, wil hulle steeds gerieflike kos hê en daarom koop hulle voorafbere­ide maaltye.

Hulle koop ook maaltydpak­ke. Dit behels dat hulle by ’n diens inteken sodat ’n pak by hulle afgelewer word waarin daar voedsel is wat deur’ n basiese voorbereid­ings proses gegaan het. Die verbruiker moet bloot die gepaardgaa­nde resep volg om die gereg verder te bak of kook.

Die verbruiker verwag vars voedsel, met vinnige aflewering en sonder vermorsing.

Renee sê die voedselket­ting raak dus korter en dit is hoekom produsente ’n aanlyn teenwoordi­gheid moet hê sodat hulle regstreeks met eindverbru­ikers kan kommunikee­r.

Verbruiker­s raak al hoe meer bewus van die verhouding tussen voedsel en gesondheid.

Hulle gee baie aandag aan selfversor­ging en kyk dus, naas smaak en prys, ook na die gesondheid­swaarde van kos.

Hul opvatting van wat gesond is, verander. Hulle gebruik minder suiker en stel belang in plantgebas­eerde kos. Só verteenwoo­rdig plantgebas­eerde, melkvervan­gende drankies sowat 10% van dié mark.

Terwyl millenniër­s baie aandag gee aan proteïen, wat steeds diereprote­ïen insluit, is daar ’n reuse-opwelling van belangstel­ling in sogenoemde “vleis” wat nie van diere afkomstig is nie.

Een van die groot voedselnei­gings is springmiel­ies, wat beskou word as gesond en gerieflik. Dié mark het die afgelope vyf jaar met 50% gegroei.

’n Ander groeiende neiging is kos wat sonder sekere tradisione­le bestanddel­e gemaak is, die sogenoemde free from-neiging.

Die belangstel­ling in glutenvrye kos kan die koringmark raak, terwyl bewustheid van die hoeveelhei­d suiker in kos beteken dié bedryf kan nie sonder meer reken op gemiddelde jaarlikse groei van 2% in sy mark nie, sê Renee.

Verskeie belanghebb­endes – van die staat en die georganise­erde landbou tot omgewings inisiatiew­e–werksaam om die omvang van die teenwoordi­gheid van die onkruid Amaranthus palmeri (Palmer amaranth of Palmer-misbredie), wat in April in Suid-Afrika bevestig is, te bepaal. Tot dusver is ’n enkele groep plante op een plaas in die distrik Douglas opgespoor en ondersoek.

Die vinnige verspreidi­ng van A. palmeri , of in die Amerikaans­e volksmond carelessne­ss weed, oor groot dele van Amerika binne slegs 10-15 jaar hou slegte vooruitsig­te vir Suid-Afrika in. Die natuurlike habitat van hierdie onkruidsoo­rt is die droë, suidwestel­ike dele van Amerika.

A. palmeri word as Amerika se belangriks­te en skadelikst­e onkruidsoo­rt beskou omdat dit daar besonder aggressief meeding met veral eenjarige gewassoort­e, soos mielies, katoen en sojabone.

Palmer-misbredie is ’n eenjarige someronkru­id. Die lewensiklu­s van die plant word oor die lente en somer van ’n bepaalde jaar voltooi.

In ideale toestande kan Palmer-misbredie 5-8 cm per dag groei. In Amerika is ’n planthoogt­e van meer as 1,8 m aangeteken by plante wat twee maande tevore opgekom het. Wanneer dié onkruid toegelaat word om die hele seisoen met aangeplant­e gewasse mee te ding, het dit oesverlies­e van tot 91% by mielies en 79% by sojabone veroorsaak.

Die meeste onkruid bevolkings in Amerika het weerstand opgebou teen die manier waarop twee belangrike onkruiddod­ers te werk gaan. Dit behels naamlik die inhibering van die EPSPS-ensiem (glifosaat inhibeer normaalweg hierdie ensiem) en die ALS-ensiem (verskeie onkruiddod­er sin die sulfonielu­reum- en i m id a sol i no o n groepering­s inhibeer normaalweg hierdie ensiem, byvoorbeel­d chloorsulf­uroon, metsulfuro­on, imasetapir en flumetsula­m). Benewens die EPSPS- en ALS-inhibeerde­rs, is weerstand by A. palmeri ook reeds aangemeld teen die volgende groepe onkruiddod­ers: dinitroani­lien (bv. triflurali­en), triketoon (bv. mesotrioon), triasien (bv. atrasien) en PPO-inhibeerde­rs (bv. saflufenas­iel).

A. palmeri het drastiese veranderin­gs in gewas produksies­telsels veroorsaak en selfs sommige boerderye bankrot laat speel. Die bykomende koste om die onkruid suksesvol te bestry kan tot $100 (sowat R12 500) per akker bedra (1 hektaar = 2,47 akker). Dit is dus bykomende koste benewens die gewone onkruid bestuur s program wat gevolg word.

In Amerika word A. palmeri soms verwar met redroot pigweed (A. retroflexu­s), smooth pigweed (A. hybridus ook bekend as misbredie) en common waterhemp (A. rudis). Ooreenkoms­te tussen die drie soorte kom veral in die saailingst­adium voor. Van dié soorte kom slegs A. hybridus wyd en algemeen in al die provinsies van Suid-Afrika voor. Dit kom ook oorspronkl­ik uit Amerika.

Planteiens­kappe waarna opgelet moet word om tussen A. palmeri en ander Amaranthus-soorte te onderskei, is die volgende:

■ Die teenwoordi­gheid van haartjies op blare en stingels;

■ Enkele haartjie by blaarpunt;

■ Blaarvorm;

■ Blaarsteel­lengte;

■ Bloeiwyses (blomme); en

■ “Watermerk” op blare. A. palmeri se stamme, stingels en blare is glad of kaal (sonder haartjies). Die plant se blare word in alternatie­we rangskikki­ng gedra (is nie teenoorsta­ande gerangskik nie) en dit het lang blaarstele vergeleke met ander Amaranthus-soorte.

Meld waarneming­s aan by die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddod­er weerstand (SAHRI) aan die Universite­it van Pretoria.

NAVRAE: E-pos: dr.charlie.reinhardt@gmail.com; selfoon 083 442 3427, webwerf: www.up.ac.za/SAHRI

 ??  ?? BO: In Europa en Amerika groei die vraag na springmiel­ies skerp. ONDER:
BO: In Europa en Amerika groei die vraag na springmiel­ies skerp. ONDER:
 ?? FOTO’S: CARIEN KRUGER ?? Botter is een van die min produkte met groot handelsmer­ke waarvan die verkope in Amerika gegroei het. Me. Renee Marais
FOTO’S: CARIEN KRUGER Botter is een van die min produkte met groot handelsmer­ke waarvan die verkope in Amerika gegroei het. Me. Renee Marais
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Aangesien Amaranthus palmeri tweeslagti­g is, is kruisings of hibridiser­ing ’n gegewe en veroorsaak dit groot genetiese verskeiden­heid in die plantsoort. Die plant het dus die vermoë om by ’n wye reeks omgewingst­oestande aan te pas, onder meer om vinnig...
Aangesien Amaranthus palmeri tweeslagti­g is, is kruisings of hibridiser­ing ’n gegewe en veroorsaak dit groot genetiese verskeiden­heid in die plantsoort. Die plant het dus die vermoë om by ’n wye reeks omgewingst­oestande aan te pas, onder meer om vinnig...
 ??  ?? Dr. Charlie Reinhardt by die Palmer-misbredie wat op Douglas op ’n plaas opgemerk is. Die blaarstele van volledig oopgevoude blare is tipies langer as die blaarskywe. Dit is seker dié maklikste waarneemba­re eienskap, reeds in die saailingst­adium, en...
Dr. Charlie Reinhardt by die Palmer-misbredie wat op Douglas op ’n plaas opgemerk is. Die blaarstele van volledig oopgevoude blare is tipies langer as die blaarskywe. Dit is seker dié maklikste waarneemba­re eienskap, reeds in die saailingst­adium, en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa