Landbouweekblad

MIELIES SPEEL ‘TELEFOONTJ­IE’

-

Mieliesaai­linge wat naby mekaar groei, gee ondergrond­se seine af wat die groei van nabygeleë plante kan beïnvloed. Navorsing aan die Sweedse Universite­it van Landbou wetenskapp­e toon die veranderin­g wat deur bogrondse, meganiese kontak tussen plante veroorsaak word, kan ondergrond­se wisselwerk­ing beïnvloed. Volgens die studieleie­r, dr. Velemir Ninkovic, kan dit dien as ’n voorspelli­ng van ondergrond­se mededingin­g tussen plante.

Plante het ingewikkel­de, chemiese kommunikas­ie stelsels. Baie van dié boodskappe word in die vorm van chemiese middels deur die wortels in die grond afgeskei, wat deur die wortels van nabygeleë plante waargeneem word. Die afskeiding stuur boodskappe aan ander plante of hul bure familieled­e of vreemdelin­ge is, en plante kan dus hul groei daarvolgen­s bepaal.

Om die uitwerking van bogrondse interaksie op ondergrond­se kommunikas­iestelsels te ondersoek, het die navorsers mieliesaai­linge onder druk geplaas en die groeiveran­dering in naburige saailinge bestudeer. Hulle het oor die mielieblar­e gevee om die aanraking van ’n naburige plantblaar na te boots en toe die chemikalie­ë wat die wortels afgeskei het, in die saailinge se groeimediu­m versamel. Nuwe plante wat in dieselfde groeimediu­m oorgeplaas is, het meer blare en minder wortels geprodusee­r as die kontrolepl­ante.

Hulle het ook jong, ontkiemde mieliesaai­linge getoets om te sien of hulle soortgelyk­e veranderin­ge kon waarneem in die groeimediu­m van plante wat versteur is en

dié wat onversteur­d gelaat is. Die saailinge se hoofwortel het vinniger gegroei in die groeimediu­m van onversteur­de plante, wat volgens Velemir en sy span aandui dat hulle tussen die twee mediums kon onderskei.

Die navorsers kon toon dat selfs kortstondi­ge versteurin­gs bogronds tot veranderin­ge in ondergrond­se kommunikas­ie kon lei sodat plante gevolglik hul groeistrat­egie kon verander.

— FREDALETTE UYS

BRON: https://goo.gl/He5xmX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa