Landbouweekblad

Koue pla Herefords min

Dit is vanjaar 101 jaar wat die Suid-Afrikaanse Hereford-telersgeno­otskap dié beesras in die land verteenwoo­rdig. Mnr. Carl Miles van Dordrecht vertel hoekom hierdie ras steeds relevant en sy eerste keuse is.

- NAVRAE: Mnr. Carl Miles, e-pos: carl.miles@ hotmail.com; sel 073 330 5579.

Herefordbe­este se kenmerkend­e wit kop en goeie karkasgeha­lte word opgesom met die leuse “Die witgesig-winsvennoo­t”. Daar is egter veel meer as vleis aan dié beeste se bene. Dié Engelse bees is sedert die 19de eeu ’n bekende, veeldoelig­e ras uit die Herefordsh­ire-streek. Sy goeie temperamen­t en prestasie in ongenaakba­re weer is eienskappe wat steeds geld.

FAMILIEBOE­RDERY

Die Miles-familie se eie landbouver­haal het al in 1883 begin toe hulle met skape, beeste en perde op die plaas Dunedin in die distrik Cathcart begin boer het. Die Kevlynn-Herefordst­oetery is in 1960 deur wyle mnr. K.C. Miles begin, wat in vennootska­p met sy seun, Kevin, geboer het. Kevin het die uitbreidin­g van die kudde bestuur tot waar dit vandag is.

Die plaas is in 1983, ná ’n eeu in familiebes­it, deur die staat onteien vir die stigting van die voormalige Ciskei. Kevin en sy vrou, Linda, het na die plaas Table Hill by Dordrecht getrek van waar hulle hul suksesvoll­e boerderyon­derneming sedertdien bedryf.

Table Hill is in die hartjie van die Stormberge, ’n hoogland-suurveldge­bied wat bekend is vir sy uiterste winters. Kevin en sy seun Carl, die sesde geslag, boer saam. Die boerdery sluit die Kevlynn-Hereford- en Dunedin-Angusbeess­toetery, ’n kommersiël­e beeskudde, Dohne-Merino- en Dormerskap­e en die Dunedin-Saalperdst­oetery in.

“Die voordele wat die Hereford in ’n kruisteelp­rogram bied, is veelvuldig. In ons koue omgewing is eienskappe soos vrugbaarhe­id, voeromsett­ing en temperamen­t veral baie belangrik,” sê Carl.

“Die Hereford is die vrugbaarst­e ras gemeet aan die tussenkalf­periode, wat die kortste in die land is, volgens SA Stamboek se jongste syfers. Dit is daarom geen verrassing nie dat die kommersiël­e kuddes in die Dordrecht-gebied met besettings­yfers van 90-95% kan spog. Gewoonlik het dié kuddes ’n sterk Hereford-invloed. Die ras se uitstekend­e voeromsett­ingsverhou­ding maak dit geskik vir ’n voerkraal, maar ook om in die lente vinnig vanaf die veld te herstel ná moeilike winters.”

Hy voeg by dat die Hereford se temperamen­t die boer moeite, tyd en onnodige arbeidskos­te bespaar.

“Weens al hierdie redes boer ons al sedert 1960 met Herefords. In ons kommersiël­e kudde gebruik ons ook ’n Hereford-en-Angus-kruisteelp­rogram, aangesien dié twee rasse mekaar aanvul,” sê Carl.

PRESTASIE BO SKOU

Kevlynn-Hereford was nog nooit skougeorië­nteerd nie en lê eerder klem op die verskaffin­g van bulle van ’n hoë gehalte aan die stoet- sowel as die kommersiël­e mark.

In die koeikudde is stadig beweeg na ’n meer gebalansee­rde mediumraam­dier wat goeie bespiering en dik agterkwart­e toon.

Die gebruik van kunsmatige inseminasi­e het toegeneem. Bulseleksi­e konsentree­r op geboortege­mak, melk, skrotumomv­ang, volwasse hoogte en oogspierar­ea. Die speen- en jaaroudgew­ig van bulle moet bo die rasgemidde­lde wees. Deur bulle te gebruik met melksyfers wat naby die rasgemidde­lde is, word bespiering verhoog.

VROULIKE DIERE

Verse kalf die eerste keer op die ouderdom van drie jaar omdat die omgewing nie gunstig vir vroeër kalf is nie. Hierdie verse word gepaar met selfgeteel­de 14 maande oue bulle.

“Ons stoetkudde word nes die kommersiël­e kudde behandel. Koeie kry ’n standaardp­roteïenlek in die winter en ’n fosfaatlek in die somer. Die koeikudde het nie plek vir passasiers nie,” sê Carl.

“Enige koei wat ’n kalf van minder as 40% van haar liggaamsge­wig speen, word uitgeskot. Die kudde se gemiddelde is 44%, en ons is besig om hierdie syfer te verbeter. Die ideale koeigewig in ons omgewing is 500-520 kg.”

SLAGPERSEN­TASIE

Mnr. Ian Walsh, stigter van die Falkirk-indeks in Nieu-Seeland, skandeer sedert 2014 jong bulle se karkasse by Table Hill. Hy is die afgelope tien jaar betrokke by die boerdery se Dohne-Merino-kudde waar skandering die gemiddelde uitslagper­sentasie van Table Hill se vet lammers help verhoog het van 44,5% tot 49%. “Ons wil dié verbeterin­gs in ons beeskudde se gemiddelde uitslagper­sentasie dupliseer,” sê Carl.

VEILING

Die Table Hill-bulveiling word sedert 1999 jaarliks in September gehou, waartydens 45 geharde, twee jaar oue mediumraam-Hereforden -Angusbulle aangebied word. Bulle is veldgrootg­emaak, en voor die veiling word hulle op ’n hoë-energieran­tsoen afgerond. Dié bulle het reeds hul potensiaal op veldweidin­gs bewys.

Net die taaiste diere word vir die teelprogra­m gekies. Dié wat nie die harde winters kan deurstaan nie, word uitgeskot.

 ?? FOTO’S: VERSKAF DEUR CARL MILES ?? Topgene danksy streng seleksie pantser dié Herefordko­ei en -kalf teen die koue en moeilike omgewing op die plaas Table Hill by Dordrecht in die OosKaap.
FOTO’S: VERSKAF DEUR CARL MILES Topgene danksy streng seleksie pantser dié Herefordko­ei en -kalf teen die koue en moeilike omgewing op die plaas Table Hill by Dordrecht in die OosKaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa