Landbouweekblad

Beplan nóú vir aftrede

Die goedige gesegde lui dat ’n boer nie aftree nie, maar eerder stelselmat­ig minder in sy seun se boerdery inmeng. Talle boere verkies om nie regtig af te tree nie, maar dit bly noodsaakli­k om daarvoor te beplan. Kenners gee raad.

-

Boere praat nie graag oor aftrede nie, want dit is ’n saak wat vir baie van hulle nie bestaan nie. Mnr. Charl Senekal (71), ’n suikerboer en ’n direkteur van Agri SA, sê hy is nog te jonk om af te tree. “Ek het baie kennis en ervaring waaruit my kinders nog kan leer. Ek voel daarom ek het nog markwaarde.

“Ek sal seker die een of ander tyd my voet van die petrolpeda­al moet afhaal en die leisels aan my kinders moet oorgee. Maar terwyl ek nog kan loop, ’n helder verstand het en niemand vir my sê ek is siniel nie, sal ek nog op die plaas werk.”

Mnr. BP Greyling (55), van die plaas Langfontei­n by Wakkerstro­om, sê aftrede word nie op die konvension­ele manier in die landboubed­ryf beskou nie.

“’n Boer beplan nooit vir sy aftrede nie, want in die landbou is bategroei ’n deurlopend­e faktor. Nie net die waarde van die plaas nie, maar ook die waarde van ander bates, soos vee, groei aanhoudend.

“Die gevaar lê wel in boedel beplanning en ek kan nie genoeg klem daarop plaas nie. Die dag wanneer jy doodgaan, moet jou boedel van so aard wees dat die geliefdes wat jy agterlaat, nie deur hul ore daarvoor betaal nie.”

BEPLANNING

Suid-Afrikaners is in die algemeen nie goed met aftreebe planning nie, sê adv. Koos Nel, hoof van Old Mutual Agrimark. ’n Studie wat Old Mutual onderneem het, dui aan boere laat ook meestal na om voldoende voorsienin­g te maak.

“Slegs 36% het aangedui hulle het genoeg kapitaal om af tree, 21% het geen aftreeplan nie en 43% kan nie onafhankli­k van die plaas aftree nie.”

BEGIN VROEG

Adv. Ronald King, hoof van strategies­e navorsing by PSG, sê daar is veral twee redes hoekom dit belangrik is om so vroeg as moontlik vir jou aftrede te begin spaar.

“Eerstens, hoe langer jy spaar, hoe minder hoef jy per jaar te spaar. As jy reeds op ’n 20-jarige ouderdom begin spaar, hoef jy net 12,5% van jou salaris per maand te spaar. As jy eers rondom 50-jarige ouderdom begin spaar, sal jy basies jou hele salaris moet wegsit,” sê hy.

Tweedens is daar jou lewensverw­agting ná aftrede – daar is ’n kans van 50% dat ’n mens 94 jaar oud kan word.

MAAK DIE SOM

Voldoende en tydige voorsienin­g vir aftrede maak dit nie net moontlik vir ’n boer en sy of haar gade om ’n leefstyl waaraan hulle gewoond is ná aftrede te handhaaf nie, maar dit skep onafhankli­kheid van die inkomste van die boerderyon derneming.

“Dit maak die oorgang of oorgee na die volgende geslag net soveel makliker, want daar is nie die verwagting en druk op die nuwe geslag om ook nog vir pa en ma te sorg nie,” sê Koos.

Aftree beplanning is deel van ’n volledige finansiële plan wat boedel- en risikobe planning insluit.

Ronald sê dit is redelik maklik om te bepaal wat ’n mens se inkoms tebehoefte gaan wees, maar dit bring gewoonlik ook besinning mee oor jou lewensbesk­ouing en wat regtig belangrik vir ’n mens is. Omdat jy nie weet hoe oud jy gaan word nie, moet jy eerder nie van jou kapitaal as inkomste gebruik nie, anders kan jy jou geld oorleef.

“Jy moet elke jaar jou inflasiegr­oei wegsit. Jy kan dus nie die eerste 6% van jou groei gebruik nie. As jy ná aftrede in kontant belê, sal jy net ’n groei van 8% sien. Jy kan dus net 2% daarvan gebruik. Maar as jy ’n gebalansee­rde portefeulj­e het, kan jy reken op ’n groei van sowat 11%, wat beteken jy kan tot 5% as inkomste trek.

“As jy dus as pensioentr­ekker ’n maandeliks­e inkomste van R4 000 wil kry, gaan jy minstens R1 miljoen in jou aftreefond­s nodig hê,” sê hy.

Ronald meen sowat 94% van Suid-Afrikaners het nie genoeg geld wanneer hulle aftree nie.

“Entreprene­urs en veral boere tref nie onderskeid tussen hulself en hul boerderyon derneming nie. In so ’n geval kan dit beteken dat een boerdery se inkomste vir tot vyf geslagte moet sorg en dit is nie volhoubaar nie. Dit is belangrik dat boere buite hul besighede voorsienin­g vir hul aftrede maak.”

BOU AFTREEKAPI­TAAL

Talle belegging sopsies is beskikbaar om aftreekapi­taal mee op te bou. Daaronder tel eiendom, aandele, beleggings­p ortefeulje­s

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Charl Senekal, ’n suikerboer van Mkuze in KwaZulu-Natal en ’n direkteur van Agri SA. Mnr. BP Greyling boer op die plaas Langfontei­n by Wakkerstro­om.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Charl Senekal, ’n suikerboer van Mkuze in KwaZulu-Natal en ’n direkteur van Agri SA. Mnr. BP Greyling boer op die plaas Langfontei­n by Wakkerstro­om.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa