Landbouweekblad

8 BEGINSELS VIR BELEGGING IN ONSEKER TYE

-

Hoewel die landbousek­tor bekend is met die onvoorspel­baarheid van seisoene, skep behoorlike beplanning en struktuur meer sekerheid en baan die pad na langtermyn sukses.

Hou aan om, met gereelde tussenpose­s, op lang termyn te belê. Die meeste mense wil belê wanneer markte goed presteer en neig om hul beleggings te onttrek wanneer die markte val. Dit maak beter sin om te bly belê deur die marklaagte­punte wanneer aandeelpry­se onderwaard­eer word en baie goedkoper is.

Verstaan jou tydhorison en risikoprof­iel. Dit beïnvloed hoe jy belê. Hoe jonger jy is, hoe langer moet jy belê, en hoe meer risiko kan jy bekostig om te waag.

Dit is tyd wat tel in die mark; nie tydsbereke­ning van die mark nie. Hoe langer beleggers in die mark is, hoe beter is die kans om vir verliese te vergoed.

Diversifis­eer. Wanneer een mark nie goed presteer nie, het jy nog ander beleggings wat beter presteer.

Balanseer jou portefeulj­e. Moenie slegs in eiendom of kontant belê nie. Probeer om ’n sinvolle balans tussen verskillen­de soorte beleggings te handhaaf.

Onthou dat elke mens uniek is. Wat ’n goeie belegging vir een mens is, is nie noodwendig ’n goeie beleggings­keuse vir jou nie.

Belê by ’n maatskappy wat ’n bewese rekord het en bekend in die bedryf is. Moenie belê by ’n maatskappy wat astronomie­se opbrengste bied wat in huidige marktoesta­nde eenvoudig nie lewensvatb­aar is nie.

’n Gesonde finansiële plan help om sukses te behaal, ongeag wat die mark doen. Praat met ’n geakkredit­eerde finansiële adviseur wat voldoen aan die Wet op Finansiële Advies- en Tussengan gerdienste (FAIS) om jou ’n holistiese finansiële plan te help opstel wat aan jou vereistes voldoen en jou huidige omstandigh­ede in ag neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa