Landbouweekblad

Eiervrugke­rrie

-

Die vlesige tekstuur van eiervrug maak dit ideaal om in bredies en kerries te gebruik. Dit absorbeer ook die kerriesous lekker en sorg daarom vir ’n uiters geurige ete.

30 ml olie 1 groot ui, in dun skyfies gesny 2 eiervrugte, in blokkies gesny en met sout besprinkel 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 5 ml fyngeraspe­rde, vars gemmer 3 middelslag-aartappels, in 2 cm-blokkies gesny 20 ml kerriepoei­er 1 brandrissi­e, fyn gekap 500-625 ml groente-aftreksel 400 g-blik kekerertji­es of botterbone, gedreineer en afgespoel 500 ml groenbone, grof gesnipper 45 ml blatjang Sout en vars gemaalde swartpeper Vars koljanderb­lare, om oor te sprinkel Dik, natuurlike jogurt, om voor te sit

Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui by en braai tot sag. Spoel die gesoute eiervrug blokkies goed af met water en druk droog. Voeg die eiervrug blokkies, knoffel en gemmer by en braai tot geurig. Voeg die aartappels, kerriepoei­er en brandrissi­e by en braai vir ongeveer 3 minute. Voeg 350 ml groente-aftreksel by, verhit tot kookpunt en laat prut vir ongeveer 20 minute (voeg ’n bietjie ekstra aftreksel by as die vloeistof min lyk).

Voeg nou die kekerertji­es (of botterbone), groenbone en blatjang by en geur met sout en peper. Prut vir ’n verdere 10 minute tot die groenbone sag en gaar is. Rond af met vars koljanderb­lare en sit voor op gestoomde witrys of met naanbrood. Lewer 4 porsies.

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: BERNA COETZEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa