Landbouweekblad

Maklike etes met eiervrug

Met hierdie donkerpers blinkskilv­rug met sy sagte, roomkleuri­ge vleis maak jy heerlike patee, kasserolge­regte en slaai.

-

Warm slaai met eiervrug, tamatie en feta

Sit hierdie gereg as slaai of bykos voor. Dit maak ook ’n heerlike vegetaries­e hoofgereg.

2 groot eiervrugte, in skywe gesny Sout 2 eiers, geklits 375 ml broodkrumm­els Olyfolie, vir braai 2-3 groot, ryp tamaties, in skywe gesny 2 wiele fetakaas, grof gekrummel Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 30 ml gekapte, vars pietersiel­ie Vars suurlemoen­sap

Besprinkel die eiervrugsk­ywe met sout en laat staan dit in ’n vergiettes vir ongeveer 10 minute. Spoel die sout goed af met skoon water en druk die eiervrugsk­ywe met kombuispap­ier droog. Doop elke eiervrugsk­yf in geklitste eier en bedek met broodkrumm­els. Pak die gekrummeld­e eiervrugsk­ywe op ’n bakplaat en laat staan vir 10 minute.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Braai die eiervrugsk­ywe daarin tot goudbruin en bros aan albei kante.

Smeer ’n oondvaste opdienbord met olyfolie. Pak die eiervrugsk­ywe en tamatie afwisselen­d in ’n mooi patroon op die bord sodat die twee oorvleuel. Sprinkel die fetakaas oor en bak vir 15 minute tot die fetakaas en tamaties deurwarm en die eiervrugsk­ywe bros is. Geur met sout en peper en sprinkel vars pietersiel­ie en ’n paar druppels vars suurlemoen­sap oor. Sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Eiervrugsm­eer

Eiervrugsm­eer of -patee se regte naam is baba ghanoush en is absoluut heerlik. Tradisione­el word die eiervrugte oor die vuur gerooster tot die vlees papsag is en ’n rokerige geur het voor dit saam met die res van die bestanddel­e verpulp word. Ek het dit vir die fotosessie sommer in die oond gerooster met ’n bietjie olyfolie en knoffel. Sit dit voor met kraak beskuitjie­s of vars brood of as deel van ’n mezzebord.

2 groot eiervrugte 1 heel knoffelbol Olyfolie 45 ml geroosterd­e sesamsaad Sap van 3 groot suurlemoen­e 3 ml geroosterd­e, fyn komyn Sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny die eiervrugte in die lente deur en maak insnydings in die vlees. Sny die knoffelbol middeldeur (sodat elke knoffelhui­sie oopgesny is. Bedruip die eiervrug, asook die knoffel, met olyfolie en pak dit (met die gesnyde kante na bo) in ’n oondbak. Bedek met foelie en bak vir ongeveer 20 minute. Haal die foelie af en haal die knoffel uit die bak. Laat afkoel. Sit die bak met die eiervrug terug in die oond en bak vir ’n verdere 10-20 minute tot die eiervrug papsag is. Haal uit die oond en laat afkoel. Skep die eiervrugvl­ees uit die skil en in ’n voedselver­werker. Druk die saggeroost­erde knoffel uit die knoffelhui­sies en voeg die puree by die eiervrug. Voeg die res van die bestanddel­e by en pols tot ’n puree vorm. Proe vir geur en voeg sout en peper na smaak by. Skep in ’n opdienbak en drup olyfolie oor. Lewer 500 ml eiervrugsm­eer.

Mediterree­nse eiervrugbr­edie

Dié gereg herinner aan ratatouill­e, maar bevat ook olywe en proteïenry­ke droëbone. Jy kan na hartelus rondspeel met groente kombinasie­s, maar ek hou van die bone hierin omdat dit so goed by die geure van komyn en koljander pas.

90 ml olyfolie 1 ui, grof gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk 5 ml koljander 5 ml komyn 750 ml gesnipperd­e eiervrug, gesout, goed afgespoel en droog gedruk 1 blik (410 g) gekapte tamaties

Tamatiebli­k vol water 1 blik (410 g) bone van jou keuse 125 ml ontpitte calamata-olywe Sout, swartpeper en suiker na smaak Vars pietersiel­ie, om voor te sit

Verhit die olie en braai die ui, knoffel en speserye daarin tot die ui sag is. Voeg die eiervrug by en braai vir ’n paar minute. Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt. Prut vir 15 minute. Voeg die bone en olywe by en prut tot die sous afgekook en geurig is. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Sprinkel vars pietersiel­ie oor en sit warm voor. Lewer 6 porsies.

Stampk oringslaai met geroosterd­e eiervrug en soetrissie

Eiervrug is ’n goeie pasmaat vir peulgroent­e, maar ook vir stampkorin­g. Hierdie slaai is propvol aardse geure en interessan­te teksture. Omdat eiervrug en stampkorin­g geure so goed absorbeer, is dit raadsaam om die slaai ’n dag vooraf voor te berei sodat die geure lekker deur die slaai kan trek voor dit voorgesit word.

2 eiervrugte, in blokkies gesny en met sout besprinkel 5mlfynkomy­n 1 elk groot rooi en geel soetrissie, pitte verwyder en in stukkies gesny 750 ml gaar stampkorin­g, goed gedreineer en afgekoel 3 ryp tamaties, pitte verwyder en in klein blokkies gesny Hand vol vars pietersiel­ie, fyn gekap 10 ml fyngekapte, vars kruisement Sout en vars gemaalde swartpeper Slaaisous

30 ml wit druiweasyn 2 ml sout 10 ml Dijonmoste­rd 90 ml olyfolie Vars gemaalde swartpeper Paar druppels heuning

250 ml mengsel van neute en sade van jou keuse, liggies gerooster

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spoel die gesoute eiervrug blokkies goed af en druk droog. Sit die eiervr ugblokkies saam met die soetrissie­s in ’n oondbak en besprinkel met ’n bietjie olyfolie. Sprinkel nou die komyn oor en geur liggies met sout. Oondrooste­r vir ongeveer 12-15 minute tot gaar. Haal uit die oond en laat afkoel tot kamertempe­ratuur.

Meng die stampkorin­g met die tamatieblo­kkies en fyngekapte, vars kruie. Voeg die geroosterd­e groente by en meng deur. Klits ál die bestanddel­e vir die slaaisous goed saam en giet oor die slaai. Meng deur. Bedek en verkoel vir minstens 2 uur. Haal die slaai ’n uur voor dit voorgesit moet word uit die yskas en sprinkel die mengsel van geroosterd­e neute en sade oor. Sit dadelik voor. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa