Landbouweekblad

SÓ SÊ ’N EIERVRUGBO­ER

-

Koos Hugo boer al twintig jaar op Rietvlei 1 naby Montagu. Hy kweek soetrissie­s in al die kleure van die reënboog en het ook onlangs begin eiervrugte plant.

Waarom plant jy eiervrugte?

Ek het gemeen dis ’n goeie toevoeging tot ons soetrissie boerdery omdat dit ook ’n kleiner gewas is. Ons behandel dit baie dieselfde as die soetrissie­s en plant dit selfs in dieselfde blokke as die soetrissie­s.

Bestaan daar ’n goeie mark?

Die mark vir eiervrugte is baie klein. Ek het dit begin plant omdat my buurman opgehou het. As ons albei eiervrugte verbou en aan die varsproduk­temark in Kaapstad lewer, daal die prys skerp. Terwyl tamaties, aartappels en uie belangrike groentegew­asse is en daar hope daarvan mark toe kan gaan, is die mark vir soetrissie­s veel kleiner en dié vir eiervrugte nóg kleiner. As ek 30 palette soetrissie­s op ’n aand mark te stuur, sal ek maar twee palette eiervrugte stuur. Ek weet nie van veel ander boere wat eiervrugte verbou nie, en as ek kyk watter verskil ons aan die markprys maak as ek én my buurman dit verbou, kan daar nie baie ander wees nie.

Waarom dink jy is daar nie ’n groter vraag na eiervrugte nie?

Mense is nie bekend daarmee nie en weet nie altyd hoe om dit gaar te maak nie. Ek meen ook die prys in die supermarkt­e is te hoog. Daar is ’n groot verskil tussen die prys op die rak en wat boere kry. Min mense kry dus die geleenthei­d om dit te eet.

Aard die plante goed in die Montagu-omgewing?

Ons klimaat is nie juis ideaal daarvoor nie. Soos soetrissie­s, soek eiervrugpl­ante met hul groot, vlesige blare wat baie transpiree­r hoë humiditeit. Ons plant dit teen ’n digte stand aan om ’n beter mikroklima­at te skep, want dan verbeter die humiditeit en raak die toestande gunstiger.

Kan julle in tonnels of onder nette boer?

Ja, en ek het nette en tonnels, maar ons plant nie eiervrugte daarin nie. Ons plant dit op oop lande en ek is heel tevrede met die opbrengs wat dit lewer (in die omgewing van 50 t/ha), veral as jy in ag neem dat dit eintlik baie min moeite verg.

Watter tyd van die jaar oes julle?

Normaalweg kan ons so middel November begin pluk en die produksiet­yd hou tot einde April aan. Een voordeel van ons klimaatstr­eek met sy fel somers is dat die skouers (die begin en die einde van die produksiet­yd) ’n bietjie langer is omdat dit so warm is. Ons kan dus ons produksiet­yd rek.

Jy sê dit is ’n maklike gewas om mee te boer. Daar moet tog struikelbl­okke wees?

Eiervrugte en die rooispinmy­t is sinoniem met mekaar. Witvlieg is ook ’n bedreiging. Min gewasbeske­r mingsprodu­kte is vir eiervrugte geregistre­er. Die beste raad is maar om die plant gesond en die toestande goed te hou, want dan sal die plant na homself kyk.

 ??  ?? Koos Hugo in ’n eiervrugla­nd op Rietvlei 1.
Koos Hugo in ’n eiervrugla­nd op Rietvlei 1.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa