Landbouweekblad

DIE PAARL SE GEWEE RKUNSTENAA­R

’n Stuk hout kry lewe onder sy hande, veral omdat Jan Tredoux, wat handgemaak­te messe en gewere maak, hom deur die hout en metaal laat lei, pleks daarvan om dit in ’n rigting te dwing.

- NAVRAE: Jan Tredoux, www.jtredoux.com; sel 082 782 1302.

Op skool het sy pa geweier dat Jan Tredoux houtwerk neem. “‘Jy kán dit mos doen,’ het hy gesê. Daarom moes ek rekeningku­nde vat,” sê Jan, waar hy by sy werksbank buite die Paarl sit en sorgsaam ruitwerk op ’n geweerkolf met die hand aanbring.

Dit is ’n stadige, noukeurige taak wat weke kan duur, want dis nie iets waarmee ’n mens aangejaag kan word nie. Maak jy ’n fout, moet jy alles afvyl en weer begin.

Jan moes homself uiteindeli­k leer houtwerk doen – wat nie moeilik was nie omdat hy nog net altyd ’n natuurlike aanvoeling daarvoor gehad. Nou is hy bekend om die pragtige handgemaak­te messe, geweerkolw­e in die ou Engelse styl en versamel stukkitare wat hy met sy hande uit besonderse hout boetseer.

Jy besef gou jy het nie sommer met ’n gewone vakman te make nie. Jan is ’n ware houtkunste­naar.

“Dis ’n rowwe woord om rond te gooi, maar dis seker maar so . . .” sê hy op sy rustige, ongestoord­e manier.

Sy liefde vir hout het eintlik begin by die besonderse kitare wat hy al jare lank maak.

“Ek wou destyds leer kitaar speel, maar ek was vol nonsens, toe maak ek my eie kitaar. En tot vandag toe het ek nog nie leer speel nie,” sê hy skoueropha­lend. Teen die muur hang drie kitare – sy handewerk.

“Die plaaslike mark was baie klein en ek het dit altyd oorsee verkoop, maar die lugdienste het dit verwoes en die versekerin­g was onbekostig­baar. Daarna het ek lank meubels gemaak, maar so vier, vyf jaar gelede het ek vir Ben Laubscher, van Laubscher & Associates in die Paarl, gebel om vir my ’n geweer te bou. Hy was te besig en ek het hom gevra om my net so min of meer te wys hoe om dit te doen.”

Dit het Jan se lewe op ’n nuwe pad gesit. Sedertdien het hy nie net sy eie geweer gebou nie, maar ook by Ben se besigheid betrokke geraak – hy doen al die houtwerk en ook van die staalwerk.

“Ons maak jaggewere in die ou Engelse styl, iets wat nie meer te koop is nie en ál skaarser raak, want dis nie iets wat jy in ’n produksiel­yn kan uitdruk nie. Jy moet ’n redelike gun nut wees om hier uit te kom.

“Ek kan nie in woorde die styl verduideli­k nie, maar mense wat ons styl ken, sal dit uit ’n honderd gewere kan uitken. Dit gaan oor die geweer se algemene lyne; dis ’n meer delikate geweer, ligter, meer verfynd.” Jan vertel dié styl geweer skiet gemakliker. “Veral as dit by groot kalibers kom, spring die geweer as die geometrie van die kolf nie reg is nie. Dit beïnvloed die akkuraathe­id en ook die hoeveelhei­d seer wat jy gaan kry. Die Engelse het dit reggekry om die spring te beperk, maar akkuraat te bly. Ek dink nie dis die moeite werd om die wiel te herontwerp nie, daarom hou ek van hierdie styl.”

‘Elkeen is anders, geen twee stukke hout lyk dieselfde nie. As jy die blok so kyk, lyk dit soos een ding, maar as jy binne kom, lyk dit anders.’

LAAT DIE HOUT JOU LEI

Hy werk hoofsaakli­k met ingevoerde Turkse okkerneuth­out as hy kolwe maak. Dié digte hout is stabiel én mooi.

“Elkeen is anders, geen twee stukke hout lyk dieselfde nie. As jy die blok so kyk, lyk dit soos een ding, maar as jy binne kom, lyk dit anders.

“Ek weet nooit waarmee ek gaan eindig nie. Soms is daar ook onaangenam­e verrassing­s, soos krake of barste, maar ek kry altyd ’n manier om daarom te werk.”

Enige kaliber geweer is vir hom moontlik – dis ’n .500 Jefferey waarmee hy doenig is, maar daar hang ook ’n .416 en ’n .300 wat afgerond moet word. “Hier dryf altyd omtrent vier of vyf gewere rond wat in verskillen­de stadiums van klaar is.”

Jan is self baie lief vir jag, veral in die Karoo en die Oos-Kaap, en ’n Namibiese trippie so een of twee keer ’n jaar. Die een jagtog wat uitstaan, is ’n ou elandbul wat hy buite Pearston in die Oos-Kaap gejag het.

“Dit het twee dae se stappery agter die eland aan gekos en ons was redelik óp ná die tyd, maar dit was die moeite werd. My gesin wil nie weer elandvleis sien nie, want ons het sowat 150 kg steak en 300 kg maalvleis daaruit gemaak!”

As ’n jagter wéét hy dus wat belangrik is in ’n geweer. “Akkuraathe­id, akkuraathe­id, akkuraathe­id. En vir die ouens wat by ons koop, is dit ook belangrik hoe die geweer lyk. Ons het almal verskillen­de idees van wat mooi is.”

Hy wys ’n magasynpla­at waarop fyn krulletjie­s en draaitjies in die metaal geëts is.

“As iemand só iets wil hê, trek jy maar die hamer en beiteltjie nader . . .”

Die kans om grootwild te jag raak skraler, daarom raak groot kalibers ook seldsamer. Dis waarom Jan se gewere hoofsaakli­k by versamelaa­rs beland.

En as iemand met so ’n pragstuk in die jagveld opdaag?

“Die ander kyk, maar hulle wil ook nie te veel kyk nie, want dan is dit mos nie lank nie, dan wil hulle ook so een hê,” sê hy.

Die spoggerige menere kom natuurlik teen ’n prys wat nie enigeen se sak pas nie.

“Maar dis ware erfstukke, wat ’n pa dalk vir homself sal koop en later sy seun sal laat erf.”

Jan vertel sy kinders – Jan, Pippa en Mila – stel almal belang in wat hy doen.

“Dalk ’n bietjie te veel . . . hulle sal maar eers moet gaan leer voor hulle hier kom werk,” sê Jan, en ek kan my verbeel hoe sy pa geklink het toe hy destyds vir Jan laat rekeningku­nde neem het.

 ??  ?? LINKS: Jan Tredoux, geweer- en mesmaker van die Paarl besig met ruitwerk aan ’n kolf – ’n tydsame taak wat intense aandag verg. Die handgesned­e ruitwerk-detail op ’n geweerkolf van naderby gesien.
LINKS: Jan Tredoux, geweer- en mesmaker van die Paarl besig met ruitwerk aan ’n kolf – ’n tydsame taak wat intense aandag verg. Die handgesned­e ruitwerk-detail op ’n geweerkolf van naderby gesien.
 ??  ?? ’n Swierige magasynpla­at. Die sneewerk word ook met die hand gedoen.
’n Swierige magasynpla­at. Die sneewerk word ook met die hand gedoen.
 ??  ??
 ??  ??
 ?? FOTO’S: CARMÉ NAUDÉ ?? Jan Tredoux, geweer- en mesmaker van die Paarl, in sy werkruimte.
FOTO’S: CARMÉ NAUDÉ Jan Tredoux, geweer- en mesmaker van die Paarl, in sy werkruimte.
 ??  ?? ’n Jaggeweer wat Jan vir homself gebou het. Hy spesialise­er in die ou Engelse styl. Jan maak ook die geweertass­e self.
’n Jaggeweer wat Jan vir homself gebou het. Hy spesialise­er in die ou Engelse styl. Jan maak ook die geweertass­e self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa