Landbouweekblad

VOORSITTER VAN AGBIZ STERF

- — ALANI JANEKE

MNR. SCHALK PIENAAR, voorsitter van die landbousa kekamper Agbiz en voormalige uitvoerend­e hoof van Suidwes Landbou, is op 6 Mei aan ’n hartaanval dood. Hy was 68.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz, sê hulle is geskok en hartseer oor Pienaar se skielike heengaan. Pienaar was sedert 2010 die voorsitter van die organisasi­e. “Hy sal baie gemis word – nie net deur Agbiz en sy lede nie, maar deur die hele landbou- en landbousak­eg emeenskap vir sy wyse raad en konstrukti­ewe bydrae in dekades van diens in verskeie leiersposi­sies in landboub esigheid.”

Purchase het die organisasi­e se simpatie met Pienaar se naasbestaa­ndes betoon.

“Ons vertrou dat hulle vertroosti­ng en sterkte sal vind in die betekenisv­olle en baie spesiale lewe wat hy gelei het.”

LANDBOU HET ’N GROOT LEIER VERLOOR

Mnr. Francois Wilken, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê in ’n huldeblyk aan Pienaar: “Schalk se dood is werklik ’n groot skok. Die landbou het ’n groot leier verloor. Kom ons eer sy nagedagten­is deur die passie wat Schalk gehad het, te laat voortleef in ons toewyding aan die landbou.”

Pienaar het van 2012 tot 2016 in dié organisasi­e se uitvoerend­e bestuur gedien.

In 2000 en 2001 was Pienaar hoofbestuu­rder van die graanafdel­ing by Suidwes Landbou, en van 1 Augustus 2001 tot 31 Januarie 2012 was hy die besturende direkteur van die Suidwes Groep. “Schalk sal onthou word vir sy reuserol en die verskil wat hy in die Suid-Afrikaanse landbousek­tor gemaak het,” sê mnr. Deon Badenhorst, bestuurder van korporatie­we bemarking en kommunikas­ie by dié groep.

 ??  ?? Mnr. Schalk Pienaar
Mnr. Schalk Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa