Landbouweekblad

WETGEWING EN SLUIKHANDE­L BEDREIG TABAK

- — JASPER RAATS

Vanjaar se skatting vir ’n tabakoes van 15 292 ton is aansienlik hoër as verlede jaar se oes van 14 670 ton. Mnr. Francois van der Merwe, voorsitter van die Tabakinsti­tuut van Suid-Afrika(Tisa), sêhyisegte­r bekommerd oor die uiters streng wetsontwer­p oor die beheer van tabak wat onlangs deur die Kabinet vir publikasie in die Staatskoer­ant goedgekeur is.

Volgens dr. Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, stel die wetsontwer­p onder meer voor dat die tentoonste­lling van tabakprodu­kte by handelaars verbied word, dat geen tabakprodu­kte deur masjiene verkoop mag word nie, ’n totale verbod op binnenshui­se rookplekke (selfs die huidige rookplekke in openbare geriewe moet verwyder word), die verwyderin­g van handelsmer­ke op sigaret verpakking en dat e-sigarette en ander nuwe produkte op dieselfde wyse as tradisione­le tabakprodu­kte gereguleer word.

Van der Merwe sê die onwettige handel in tabakprodu­kte ondergrawe egter die Regering se gesond heidsagend­a deurdat goedkoop, onwettige sigarette vryelik beskikbaar is. “Tisa meen die Regering moet eers die onwettige handel uit die weg ruim voor nuwe wette gemaak word. Die handel in onwettige sigarette beloop sowat 25% van die mark. Sigarette kan teen vanaf net R7 per pakkie verkoop word.” Hy waarsku dat onwettige sigarette die wettige produksie en handel van tabak knou. Dit bedreig werkgeleen­thede en beleggings, verklein die belastingb­asis en maak Suid-Afrika armer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa