Landbouweekblad

Op facebook

- Werklooshe­id en diefstal sal vererger. Die grootkoppe in die Regering sal die meeste grond en eiendomme vir hulself vat.

ONTEIENING: ‘MILJOENE KOMMENTARE MOET INKOM’ Die georganise­erde landbou is dankbaar dat die datum vir kommentaar op die voorgestel­de wysiging van die Grondwet ten opsigte van die onteiening van grond sonder vergoeding tot 15 Junie uitgestel is. JOHANN TRUTER skryf: Dus meer armes, en ryker parlements­lede van die regerende party. Voedselpro­duksie gaan daal en -pryse gaan drasties styg. Honger mense sal ’n burgeroorl­og veroorsaak.

WALTER SMITH skryf: Indien grond sonder vergoeding gevat word, kan die volgende gebeur: Indien iemand geld geleen het vir die grond of vir verbeterin­gs, gaan die persoon nie meer die bank betaal nie. Baie mense gaan dieselfde doen met enige huurkooptr­ansaksies, want hulle voel dat hulle betaal vir iets wat nie hul eiendom gaan word nie. Banke kry nie meer die geld terug wat hulle uitgeleen het nie en maak geen wins uit die rente wat hulle sou verdien het nie. Banke se rente op beleggings verlaag ook. Dan volg verpligte afleggings by banke om kop bo water te probeer hou. Die afgedankte bankwerkne­mers haal kinders uit skole en kan ook nie meer al die winkels ondersteun nie, en ’n paar winkels maak toe. Intussen betaal mense ook nie meer versekerin­g nie, want hul grond word dan wederregte­lik by hulle gevat. Versekeraa­rs kan dus ook nie meer kop bo water hou nie. Eiendomsag­ente gaan onder, want niemand stel meer belang om eiendom te koop nie en geen gewone mens kan ’n lening bekostig nie. Intussen trek al die diensversk­affers ook swaar en loop dieselfde paadjie as die banke, versekeraa­rs, ensovoorts. Dit klink dalk pessimisti­es, maar gaan dink baie mooi daaroor. Wat gaan jy daarstel om bogenoemde te voorkom en alle Suid Afrikaners nog ’n toekoms te gee? Dink jy jou maatjies gaan steeds vir jou smile as hulle nie meer kos of blyplek het en geen dienste meer gelewer word nie? En hoe lank dink jy gaan jy in elk geval gelukkig wees op die grond, terwyl jy eintlik niks daarmee kan doen nie, want die hele ekonomie is down the drain ?Ek weet nie, ek vra maar net.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa